Dood van treindrywer skok familie

Deel op

Die familie van die 73-jarige man wat vermoor is in sy huis in Bloemfontein Maandagoggend, is diep geskok oor sy dood.
 
Die liggaam van Hendrik Knoetze is deur ‘n buurman ontdek in sy Pellissier-huis teen omstreeks 08:00 Maandag.

Knoetze, ‘n voormalige treindrywer, was vasgebind met sigbare kopwonde. Hy is na bewering doodgeslaan.

‘n Polisiewoordvoerder, Chaka Marope sê paramedici vermoed dat Knoetze sowat drie tot vier dae gelede vermoor is.

Intussen het die neef van Knoetze, Glanville Oliver, sê die familie het aanvanklik gedink Knoetze is aan natuurlike oorsake dood.

“Toe ons by die huis kom het ons gesien dat hy inderdaad vermoor is. Ek bedoel, hy was ‘n pensioenaris. Almal wat tot dusver gebel om te hoor of hy vermoor is het my gevra, hoekom hy? Hy was ‘n baie goeie mens, hy sou nie eens ‘n vlieg seermaak nie,” sê Oliver.

Niemand is nog in hegtenis geneem in verband met die moord nie.

Dit is nie bekend hoe nou betrokke Knoetze by die geding was wat Transnet-pensioenarisse in die vorm van ʼn klasaksie-eis teen Transnet en die regering aanhangig gemaak het nie.

In die saak eis sowat 70 000 pensioenarisse van alle rasse bykans R80 miljard van Transnet. Dit is die grootste siviele eis in die land se regsgeskiedenis.

Meeste van die eisers is deur baie jare van groot lyding. Baie van hulle het verarm en is in die grootste ellende dood.

“Transnet het tot dusver desperaat probeer om deur tegniese punte die saak te vertraag. Die gevolg daarvan was dat baie pensioenarisse met die verloop van tyd gesterf het. Baie weens swaarkry, ʼn gebrek aan geld en gepaardgaande mediese sorg.

“Dit kan daarom nie weggeredeneer word dat Transnet ʼn roekelose en hartelose instansie is wat die bloed van baie van hierdie mense aan sy hande het nie,” het hul regsverteenwoordiger adv. Alberts vroeër vanjaar gesê.

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.