Mandela-klimmer dood voor hy piek bereik

Deel op

Die Nelson Mandela Stigting het sy medelye betuig met die dood vanoggend van een van die bergklimmers van die inisiatief – Trek4Mandela – op Berg Kilimandjaro in Tanzanië.

Die Suid-Afrikaanse renjaer, Gugu Zulu, was een van 42 bergklimmers wat aan die inisiatief deelgeneem het.

Hy sou vanoggend op Mandela-dag die piek bereik het, maar het asemhalingsprobleme ontwikkel.

Die ekspedisie het ten doel om bewustheid te skep vir die lot van arm meisies wie se skoolbywoning weens ‘n gebrek aan persoonlike higiëne ontwrig word.

Zulu se vrou, Letshego, was een van die bergklimmers.

Die Nelson Mandela Stigting sê ‘n mediese span het alles in hul vermoë gedoen om sy lewe te red.

Die bestuurshoof van die Nelson Mandela Stigting, Sello Hatang, sê hy het Zulu persoonlik geken en is uiters geskok oor sy dood.

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.