Waterskilpaaie ontwrig lugverkeer by JFK

Deel op

Meer as 400 waterskilpaaie het vlugte in New York vertraag omdat hul broeigebied naby die aanloopbane by die John F. Kennedy Internasionale Lughawe is.

Tot dusver is 396 skilpaaie opgemerk by JFK-lughawe tydens migrasie vanjaar wat tans aan die gang is.

Associated Press berig van die diertjies het oor die aanloopbane begin kruip en werkers moes hulle inderhaas bymekaarmaak voordat hulle in die pad van vliegtuie beland.

Dit gebeur blykbaar gereeld dat die diere hul weg na die lughawe vind en plastiekversperrings wat aangebring is, blyk min effek te hê.

Die waterskilpaaie is intussen na ‘n plek van bewaring geneem naby Jamaica Bay.

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.