Kortlys vir nuwe Openbare Beskermer bekend

Deel op

Parlementslede het ‘n lys van 14 kandidate genomineer vir die kortlys waaruit Suid-Afrika se nuwe Openbare Beskermer gekies moet word.

Mense wat die lys gehaal het, is die Adjunk- Openbare Beskermer, Kevin Malunga, die Wes-Kaapse Regte, Siraj Desai, en die Adjunk-Nasionale Direkteur van Openbare Vervolging, Willie Hofmeyer.

Die uittredende Openbare Beskermer, Thuli Madonsela, se termyn eindig die einde van Oktober.

‘n Spesiale Parlementêre komitee het meer as 60 nominasies vir die kortlys ontvang.

Agt vroue het die kortlys gehaal.

Onderhoude sal op 11 Augustus met die kandidate op die kortlys gevoer word.

Elke kandidaat sal ‘n uur kry om te sê waarom hy of sy die pos moet kry.

Die komitee sal na die volgende eienskappe soek wanneer hulle die kandidate oorweeg: Karakter, ondervinding, kennis en vaardighede.

Die komitee het ook bygevoeg dat hulle die kandidate verder sal toets op bestuursvaardighede, hul begrip van ‘n ontwikkelende staat, hul begrip van die drie vlakke van regering en hul verhoudings, finansiële bestuur, leierskapvaardighede en menslike hulpbronvaardighede.

Die 14 kandidate op die kortlys is:

Regter Sharise Weiner, Regter Sirajudien Desai, Kevin Malunga, Nonkosi Cetywayo, Mhlaliseni Mthembu, Madibeng Mokoditwa, Mamiki Goodman, prof. Narnia Bohler-Muller, prof. Bongani Majola, me. Busisiwe Mkhwebane, me. Jill Oliphant, me. Muvhango Lukhaimane, me. Kaajal Ramjathan-Keogh en mnr. Willie Hofmeyer.

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.