Swart aanvaller lei Baton Rouge polisielede in lokval

Deel op

Die polisie in Baton Rouge in Louisiana het ‘n swarte doodgeskiet wat glo ‘n gewapende lokval vir ses polisiebeamptes gestel het.

Drie van die beamptes is in die aanval dood. Nog vier is gewond. Die polisie het die aanvaller doodgeskiet. Hy is ‘n Afro-Amerikaner wat vyf jaar in die weermag was en medaljes ontvang het vir goeie diens in Irak.

Die aanvaller het ‘n anti-wit Youtube-rekening in die naam van Gavin Eugene Long (foto hierbo) bedryf.

Die burgemeester van Baton Rouge, Kip Holden het gevra vir gebede vir die polisiebeamptes en hul gesinne.

Verlede week het ‘n swartman vyf wit polisiebeamptes in Dallas in Texas in ‘n rasse-aanval vermoor.

Die jongste skietery – wat plaasgevind het net voor 09:00, minder as twee kilometer van die polisie se hoofkwartier – kom te midde van stygende spanning regoor die VSA tussen die swart gemeenskap en die polisie.

Die rasse van die verdagte en die beamptes is daarom nie onmiddellik bekendgemaak nie.

Maar Lang se sosiale mediaprofiel toon dat hy ‘n voormalige lid van Nation of Islam was.

Hy ook uitgevaar teen “crackers” – ‘n Afro-Amerikaanse skelwoord vir wittes – en het verwysings na Alton Sterling, die swarte wat deur die polisie in Baton Rouge op 5 Julie doodgeskiet is, geplaas.

Ander inligting oor Lang toon dat die Kansas City inwoner volgens ‘n CBS-berig eervol ontslaan is uit die Marines in 2010, en ook onder die naam Cosmo Ausar Setepenra bekend was.

Dit is nou die vierde hoëprofiel-dodelike aanval in die Verenigde State van Amerika teen hoofsaaklik wit polisielede die afgelope twee weke.

Die geweld waarin 12 mense dood is, insluitende agt polisiebeamptes, het gelei tot ‘n nasionale gesprek oor ras en polisiëring met Demokratiese leiersfigure wat swart geweld probeer regverdig en “dialoog” met terroriste aanmoedig.

President Barack Obama het ‘n beroep gedoen om kalmte gedoen nadat die polisiebeamptes Sondag doodgeskiet is.

Obama het ook ‘n beroep op Amerikaners gedoen om te verenig.

Sen. Bill Cassidy het egter aan CNN gesê: “Daar is ‘n oorlog verklaar teen die polisie.”

Die polisiebeamptes is vermoedelik doelbewus deur middel van ‘n oproep na 911 na Baton Rouge gelok waar hulle in ‘n hinderlaag gelei is.

Die aanval is by ‘n vulstasie op die Airline-snelweg geloods waar die skieter die polisiebeamptes ingewag het by ‘n fiksheidsentrum langsaan.

Die polisie het gesê hulle het met behulp van ‘n gespesialiseerde robot gekyk vir plofstof naby die liggaam.

Op YouTube onder die skuilnaam Cosmo Setepenra, het die skieter die volgende kwytgeraak:

“Let’s just go with the numbers, let’s go with the history, 100 percent of revolutions of victims fighting their oppressors, from victims fighting their bullies, 100 percent have been successful through fighting back, through bloodshed,” Long said in one video. “Zero have been successful just over simply protesting. It has never worked and it never will, you gotta fight back. That’s the only way a bully knows to quit, he doesn’t know words.”

Long continued, “If y’all want to keep protesting, do that, but for the serious ones the real ones, the alpha ones, we know what it’s going to take, it’s only fighting back or money that’s all they care about. Revenue and blood … nothing else. You’re in a world that’s run by devils.”

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.