Leon Lemmer: Greg Johnson oor blanke nasionalisme

Deel op

Ingevolge politieke korrektheid mag nie-wittes nie gekritiseer word nie. Een van my besware teen hierdie modeverskynsel is dat dit nie ‘n grondslag vir die verbetering van nie-wittes bied nie. Daar kan nie sprake wees dat as iemand nie-wit is hy/sy volmaak is nie. By alle indiwidue en etniese groepe word positiewe en negatiewe kenmerke aangetref.

Dit volg dat wittes, insluitende Afrikaners, nie volmaak is nie. Die rede waarom ek (meesal) versuim om enigiets negatief oor wittes en veral Afrikaners te skryf, is omdat hulle deesdae onder ‘n stortvloed kritiek deurloop. Sekerlik ook omdat hulle my eie mense is en ek nie so verlig is dat ek medepligtig aan hulle vertrapping wil wees nie. In hierdie land is daar baie dinge, in die verlede en selfs in oorblyfsels in die hede, waarop blankes/Afrikaners met reg trots kan wees.

‘n Ander etniese groep wat baie ondervinding van verguising het, is die Jode. Daar is sekerlik aspekte van Joodsheid wat vir my problematies is, bv besnydenis, wat ook by swartes aangetref word; ‘n primitiewe gebruik wat ek as barbaars ervaar. By die Jode is daar egter veral twee faktore wat my positief beïndruk. Die een is die sterk wil by die Israeli’s om die staat Israel te laat oorleef. Lees gerus Danny Danon se boek, Israel: The will to prevail (New York: Palgrave MacMillan, 2012, 241p; Amazon Kindle $9.11). As daar in die jare negentig plaaslik naasteby dieselfde standvastigheid by blanke en veral Afrikanerpolitici was, sou Suid-Afrika tans baie beter daar uitgesien het. Die ander faktor wat my houding versag, is die talle Joodse individue (filosowe, wetenskaplikes, skrywers, komponiste, skilders, ens) waarvoor ek waardering het.

In Greg Johnson se boek, New Right vs Old Right and other essays (San Francisco: Counter-Currents Publishing, 2014, 250p; Amazon Kindle $6.83), word die Jode kwaai gekritiseer. Alle “regses” of regse-instansies is egter nie anti-Joods nie omdat hulle onder meer die beskuldiging van naziisme wil voorkom. Geert Wilders en sy Vryheidsparty in Nederland is bv sowel pro-Joods as pro-Israel, onder meer omdat Wilders met ‘n Jodin getroud is. Daar word soms daarop aangedring dat ‘n onderskeid tussen Israeli’s en ander Jode gemaak moet word, maar daar is sekerlik ook oorvleueling. Hoewel daar geldige kritiek teen albei kante in die Israeli’s-Palestyne-konflik uitgespreek kan word, is ek altyd geneig om die beskaafste kant te kies. ‘n Oud-kollega van my, wat periodiek argeologiese opgrawings in Israel doen, beskou die Palestyne as die luiste en slegste mense op aarde. Kortom, pleks van Johnson se kritiek op Jode te herhaal en te probeer onderskei tussen wat daarvan geldig of ongeldig is, vind ek dit meer vrugbaar om my aandag eerder by sommige van sy ander opmerkings te bepaal.

Johnson is die hoofredakteur van Counter-Currents Publishing en die redakteur van die “webzine” North American New Right. Die meeste essays in hierdie bundel is voorheen in laasgenoemde e-tydskrif gepubliseer. Die teks lees maklik, is toegespits op Amerikaanse omstandighede en om verstaanbare redes is daar ‘n mate van herhaling. Daar word na Nuwe Regses verwys om assosiasie of verwarring met tradisionele/historiese regses, bv fasciste, te vermy. Nuwe Regses dui nie op ‘n politieke party nie, maar bloot op ‘n informele netwerk wat veral deur elektroniese kommunikasie, veral oor die internet, moontlik gemaak word.

In die voorwoord verduidelik Kevin MacDonald dat Johnson ‘n metapolitiek van wit identiteit wil skep; dus ‘n teoretiese raamwerk (“non-political preconditions of political change” – Kindle 247) wat latere sinvolle aksie moontlik maak. Johnson verduidelik: “The promotion of political change through the transformation of consciousness and culture is what we call metapolitics” (334). Die uiteindelike doelwit is ‘n blanke tuisland. Amerika, soos hy tans daar uitsien, word beskou as ‘n “unfolding disaster” (104); ‘n land waarin die blankes teen die middel van hierdie eeu na verwagting ‘n minderheid sal wees. Dit gaan vir Johnson dus nie om blanke meerderwaardigheid (“supremacism” – 109) nie, maar om die bevordering van wit nasionalisme (“ethnonationalism” – 252) met die oog op etnies-kulturele oorlewing.

Die Amerikaners van Europese oorsprong is biologies verwant (129); as’t ware ‘n onderskeibare uitgebreide familie met eie gemeenskaplike belange (273, 527). Soos Michael Polignano doen Johnson ‘n beroep op blankes “to take our own side”* (114). Dit is moreel reg, want die alternatief sou blanke volksmoord wees (213). Die blanke Amerikaners staar uitwissing in die gesig weens hulle sentrale regering se aanmoediging sedert 1965 van nie-wit immigrasie (183). Blankes in Amerika en elders is ‘n bedreigde spesie (518, 546). Daar is die wesenlike moontlikheid van die “global subversion” van blankes (608). Hoe kan dit bestry word? Deur blanke eenheid. Blankes moet saamstaan en hulle eie heil bevorder. “The lever by which we will move the world is the pursuit of intellectual and cultural hegemony [heerskappy/leierskap]” (830). [* Die verwysing is na Michael Polignano se boek, Taking our own side (San Francisco: Counter-Currents Publishing, 2011, 206p; Amazon Kindle $6,83).]

Die kern van regse politiek is dat die nivellering/gelykmaking/eendersverklaring van mense as onaanvaarbaar verwerp word. In die praktyk is mense (individueel en groepgewys) sekerlik nie eenders of op dieselfde vlak nie. Objektiewe waarnemers kan ‘n hiërargie by indiwidue én etniese groepe waarneem. Regses besef dat nivellering ‘n slenter is, want sodra (potensiële) gelykheid as politieke dogma aanvaar word, word beweer dat uitsluitlik blankes vir die klaarblyklike ongelykheid van mense verantwoordelik is; dat wittes dit moet erken, herhaaldelik om verskoning moet vra en sonder perk skadevergoeding moet opdok. Dit is waarom gewoonlik net nie-wittes deur bv “regstellings”, raskwotas en -teikens bevoordeel word. In beperkte mate geld dit soms ook blanke vroue, maar nooit wit mans nie. Regstellende aksie is wesenlik die selektiewe bevoordeling van Amerikaanse etniese minderheidsgroepe, te wete swartes, Hispaniste, Indiane en Asiate. Vir bevoordeling word vroue saam met etniese minderheidsgroepe gegroepeer, al is hulle getalsgewys nie werklik ‘n minderheidsgroep nie. Die rede waarom vroue bevoordelingstatus verwerf het, is omdat hulle soos Amerikaanse etniese minderheidsgroepe as slagoffers van diskriminasie, dus as benadeeldes, erken word.

Die ironie is dat hierdie inkleding van Amerikaanse regstellende aksie sonder meer deur die ANC-regering vir toepassing in Suid-Afrika oorgeneem is, klaarblyklik om die meerderheid ANC-ondersteuners, oftewel swart mag, te bevoordeel. In Suid-Afrika is die bevoordelingsgroepe die swartes, bruines, Asiate (dus drie etniese groepe wat tydens apartheid erken is) en vroue. Al word beweer dat daar ingevolge die Grondwet net individuele regte en geen groepregte bestaan nie, bewys regstellende aksie die teendeel. Die groot grief van swartes teen die blanke politieke bewind is rassediskriminasie, maar daardie diskriminasie word in omgekeerde vorm met die beleid van regstellende aksie voortgesit. In Amerika is swartes ‘n egte minderheid. In Suid-Afrika is swartes die verswelgende (80%+) meerderheid. Swartes kan plaaslik dus glad nie op egte minderheidstatus aanspraak maak nie. Daarom verwag/vereis hulle om in die nuwe Suid-Afrika weens beweerde historiese benadeling bevoordeel te word en daarby in baie groter mate as twee egte minderheidsgroepe, te wete die bruines en die Asiate. Anders as die Amerikaanse swartes was die plaaslike swartes nooit slawe nie, maar ook dít word deur hulle nie as ‘n beletsel op buitensporige bevoordeling erken nie. Daarom word allerhande soorte beweerde historiese benadeling graag tot vervelens toe oorbeklemtoon. In Amerika is blankes in die meerderheid terwyl hulle in Suid-Afrika ‘n egte etniese minderheid van minder as 10% van die bevolking is. Dit is hierdie groepie en veral die blanke mans wat in die nuwe Suid-Afrika vir erge benadeling uitgesonder word. En nie net vir benadeling nie, maar ook vir verguising. Ingevolge die Amerikaanse model, wat so graag (wanneer dit hom pas) klakkeloos deur die ANC nagevolg word, behoort blankes as ‘n minderheidsgroep bevoordeel te word; des te meer omdat blankes hulle plaaslik as bv voortreflike beskawers en ekonomie- en infrastruktuurbouers bewys het.

Johnson skryf: “Our ideal is a hierarchical society free of exploitation and injustice” (313). Hy bepleit “gradual and humane programs of territorial partition and population transfer” (334). ‘n Eie tuisland behoort aan iedere etniese groep gegun te word. Binne elke groep is daar ‘n hiërargie, bv: “We need to recognize that, culturally and politically speaking, some whites matter more than others. History is not made by the masses. It is made out of the masses. It is made by elites molding the masses” (391). Hieruit kan afgelei word waarom daar in die nuwe Suid-Afrika dikwels so ‘n groot weersin in elitisme (wat nivellering teenspreek) bestaan en demokrasie (as metoniem, of eufemistiese sinoniem, vir die massa) so sterk aangeprys word. Algemene stemreg (een mens, een stem), met alle stemme wat dieselfde gewig dra, is dié toonbeeld van suksesvolle gelykmaking, wat as voorwendsel gebruik word om mense ook in ander opsigte gelyk te verklaar.

Gelykheid word as geregtigheid bestempel terwyl daarmee in werklikheid die ooglopende verskille by mense ontken word. Daarmee word ook die onreg ontken wat ingebou is in ‘n stelsel waar alle stemme dieselfde gewig dra. Byvoorbeeld, die stem van ‘n armlastige plakker behoort myns insiens nie dieselfde gewig/waarde as dié van ‘n nyweraar te hê nie. Daar is heelwat wat weersin behoort te wek in die soort demokrasie waarmee ons plaaslik opgeskeep sit. In die kommunistiese tradisie word daar vir ‘n politieke party gestem en nie vir individue nie; hoogs uitsonderlik is daar egter soms onafhanklike kandidate. Omdat die oorgrote meerderheid kiesers swart en ongesofistikeerd is (dink aan die mate van oningeligtheid weens bv ongeletterdheid en die glad te baie wat vatbaar vir propaganda en intimidasie is), word grootliks etnies/rassisties gestem en kan die resultaat “soft totalitarianism” (435, 480) genoem word, wat ook in anti-wit brutaliteit uitdrukking vind.

Teen die liberaliste se slagspreuk van gelykheid, vryheid en broederskap moet weerstand gebied word. “Liberalism … generally prefers to kill us softly … the soft dissolution of differences through cultural assimilation” (993). “Ideas shape the world. Bad ideas are destroying it, and only better ideas will save it” (867). In ‘n homogeen gewenste of getransformeerde Suid-Afrika en wêreld sal daar al hoe minder ruimte vir Afrikaners, Afrikanernasionalisme en -kultuur en Afrikaans wees. In ons multi-etniese samelewing behoort diversiteit behou en inklusiwiteit teengestaan te word. Maar die ideaal behoort ‘n Afrikanertuisland te wees wat sover moontlik mono-etnies en -kultureel is. In ‘n multikulturele opset “the abolition of difference is accomplished by violence and cultural assimiliation” (993). Dit is wat tans op al die eens Afrikaanse universiteitskampusse en ook in Suid-Afrika in die breë plaasvind. Taaldiversiteit word vernietig deur Afrikaans af te gradeer of af te skaf. In die naam van inklusiwiteit (dikwels toeganklikheid genoem) word die werklikheid van kultuurverskille ontken. Dit word van blankes verwag om vir lief met onderploeging deur swart/Afrikakultuur te neem, wat dikwels uitdrukking in gewelddadigheid vind, waartydens eise gestel word en waaraan op ‘n dwase manier meesal sonder meer toegegee word.

Volgens Johnson is die onderskeid tussen “ons” en “hulle” van wesenlike belang in die politiek (1215). Dit is die grondslag vir die skepping van ‘n tuisland waarin ‘n etnies-kulturele groep beheer oor sy lot (“destiny”) verkry (1227). In so ‘n tuisland is sowel individuele as groepselfverwesenliking moontlik (1359). “We will cease to exist as a people if we do not have control over our own borders and destinies” (1886). “Ethnonationalism for everyone is noble and good” (1244). “It is natural, normal, and good for all people to love one’s own – to be partial to people and places that are close to you – to have stronger or weaker obligations based on proximity or distance (including genetic distance) from one’s self. These spirited attachments – suitably refined and enlightened by the intellect – are the proper basis of political nationalism” (1359). “Our goal is a white homeland in North America” (2234). Johnson is ‘n voorstander van “ethnonationalism for all peoples … We believe that it can be achieved by peaceful territorial divisions and population transfers” (1829). ‘n Mens kan natuurlik poog om realisties te wees en te vra: Maar sal diegene wat op blanke voorspoed parasiteer vreedsaam toelaat dat die ganse wat die goue eiers lê van hulle weggeneem word en hulle daarna self op eie bene hulle heil sal moet uitwerk?

In die nuwe Suid-Afrika word blankes gekritiseer, verwyt, verguis, gemarginaliseer, ens. Terselfdertyd word daar op hulle voorspoed geparasiteer. Swart ekonomiese bemagtiging is ‘n sprekende voorbeeld van wat ubuntu/medemenslikheid genoem word, waarvolgens van blankes verwag word om te gee en swartes hulleself daarop geregtig voel om die ontvangers te wees. Dit is ‘n situasie wat hom dwarsoor die wêreld voordoen, maar slegs daar waar blankes is. “Nothing is more obscene than exploiting people through their virtues. Thus, at a certain point, it is necessary to demand reciprocity as a condition for further dealings. Since white dispossession involves a host of non-reciprocal moral demands – for instance, only white countries are under the alleged moral obligation to destroy themselves through immigration – simply demanding moral reciprocity would bring many of our problems to a screaming halt” (1394). Byvoorbeeld, boere moet nie gelate toelaat dat die helfte en meer van hulle eiendom gratis aan swartes vervreem word nie. Hulle moet ‘n streep in die sand trek en vra: Wat kry ek in ruil daarvoor? Anders word toegegee aan die “suicide meme” waarvolgens blankes hulle eie ondergang borg met gevolge soos “driving us from our homes, destroying our cultures, and crowding out our posterity” (1568). In Amerika is die voorkeur wat aan nie-wit immigrante gegee word ‘n groot bedreiging vir blanke voortbestaan. Maar blanke oorlewing word wêreldwyd bedreig. “Low white birth rates and the immigration of fast-breeding non-whites threaten white peoples the world over with political dispossession, cultural obliteration, and, if present trends continue, biological extinction” (2008).

Onder die Amerikaanse blankes onderskei Johnson twee groepe: “Liberal Universalists and White Nationalists” (2325). Hy beskou liberalism as “the dominant religion of the West” (2368). In die nuwe Suid-Afrika is oorverligte blankes, wat swartes wil behaag en die belange van hulle eie mense verwaarloos en selfs vertrap, ‘n bekende verskynsel. Johnson maak gewag van “whites who are products of the current system and who work with non-whites to promote anti-white policies: affirmative action, racial integration, non-white immigration, multiculturalism, globalization, miscegenation, white guilt, etc. These people deserve punishment” (1630). “Any race that will not take its own side in racial conflict has no future. I am concerned to preserve my race simply because it is mine, because it is my extended family” (3143).

In Suid-Afrika is demokrasie ‘n eufemisme vir swart mag. Die massa, die meerderheid, het blykbaar nie danige wysheid in pag nie; des te meer omdat daardie massa in baie gevalle onderontwikkeld, ongeletterd, swak ingelig en maklik misleibaar is. Die regering kan verbeter word deur minimum vereistes te stel voordat iemand kwalifiseer om te kan stem. Die stel van minimum vereistes vir stemreg was ‘n positiewe kenmerk van die koloniale era. Sodanige beperkende voorwaardes sal merkwaardige verbetering in die regering meebring, des te meer as minimum vereistes ook vir politici gestel word, bv dat alle politici in die sentrale, provinsiale en plaaslike regering ten minste matriek of verkieslik ‘n graad moet hê. Johnson skryf: “Representative democracy can be improved by increasing the quality and decreasing the quantity of the electorate” (2633).

Johnson maak die volgende onderskeid: “White grandiosity is the view that whites are responsible for all good things … The flip side of white grandiosity is white guilt, the belief that whites are actually responsible for all the bad things in the world” (2385).Vir blankes is dit belangrik om weerbaar te wees teen die voortdurende pogings om skuldvervoelens by hulle te wek. “No healthy people should allow the past to turn into a dead weight impeding them from pursuing a better future” (1980). “I believe that each race and each distinct people [ie white Afrikaans and/or English speakers] should have a nation or nations of its own, in which it can live according to its own identity and values and pursue its own destiny” (3151). Dit impliseer dat so ‘n homogene kulturele groep ook beheer oor ‘n eie geografiese gebied, ‘n tuisland of nasiestaat, moet uitoefen. Ook van ons as Afrikaners kan gesê word: “We are a people who wish to have a future again” (2082).

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.