ISIS juig toe Nice-aanvaller bekend word

Deel op

ISIS het intussen die terreuraanval in Nice, Frankryk, op Donderdag met blydskap gevier terwyl die Moslemverdagte se naam vrygestel is.

Die internasionale terreurgroep sê dit was weerwraak vir die dood van ‘n sogenaamde “minister van oorlog” wat vroeër vanjaar deur koalisiemagte vermoor is in gevegte in Irak.

‘n Moslem in ‘n wit vragmotor het deur ‘n groot skare witmense tydens die viering van Bastilledag, ‘n Franse vakansie ter herdenking van die bestorming van die beroemde Parysvesting in 1789, geploeg.

Bastilledag is ‘n belangrike mylpaal in die Franse Revolusie. Die bestuurder van die vragmotor is na bewering deur die Franse owerhede doodgeskiet. Hulle het sy identiteitskaart in die vragmotor gevind.

“O Frankryk, jy en die hele Europa sal nooit veilig wees totdat ons elke duim van die land as die Kalifaat laat herleef nie,” skryf een ISIS-ondersteuner wie se Twitterrekening sedertdien opgeskort is.

Die naam van die aanvaller is kort gelede deur in Franse media vrygestel as Mohamed Lahouaiej Bouhlel, ‘n 31-jarige gewoontemisdadiger wat in Tunisië gebore is.

Sy naam is deur die plaaslike nuuswebwerf Nice-Matin vrygestel.

‘n Getuie Eric Ciotti het aan Europe 1 se radiostasie vertel van die verskriklike oomblikke toe mense gevlug het na veiligheid.

‘n Paar het in die see in gehardloop in ‘n desperate poging om te ontkom aan die jongste massamoord in Frankryk.

Hy het bygevoeg: “‘n Persoon het op die vragmotor gespring om te probeer om dit te stop.

“Dit is op daardie oomblik dat die polisie in staat was om hierdie terroris te neutraliseer. Ek sal die gesig van daardie polisievrou wat die moordenaar gekeer het, nooit vergeet nie.”

Hier is die lys van ISIS-aanvalle vir 2016.

nicedood

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.