Sindikaat glo agter Bloemfonteinse rooftogte

Deel op

Die polisie in Bloemfontein sluit nie die moontlikheid uit dat ‘n sindikaat betrokke kan wees by ‘n vlaag rooftogte wat vandeesweek by verskeie plaaslike besighede plaasgevind het nie.

Polisiewoordvoerder, Wendy Nkabi, sê drie besighede is Maandag enkele ure ná mekaar beroof. Volgens haar is ‘n juwelierswinkel daarna in ‘n inkopiesentrum ook beroof toe twee mans Dinsdagmiddag ‘n ring in die winkel wou koop.

‘n Werknemer het ‘n ring uitgehaal om aan hulle te wys, waarna een van die rowers ‘n vuurwapen op haar gerig het.

Nkabi sê die rower het daarna geld in die kasregister geëis. Hulle het ook ‘n rugsak aan die werknemer oorhandig en haar beveel om al die ringe en ander juweliersware in die winkel daarin te gooi. In die proses het die werknemer die winkel se paniekknoppie gedruk. Die mans is daarna vort.

Nkabi sê die rowers het in ‘n motor weggery. Lede van die Parkweg-polisiekantoor het hulle agtervolg en van die pad gedwing. Sys ê ‘n 37-jarige man is ‘n paar kilometer van die inkopiesentrum in sy motor in hegtenis geneem. Sy makker het weggehardloop.

Nkabi sê die verdagte sal na verwagting eerskomende Maandag in die plaaslike landdroshof verskyn. Die ander rower is nog nie in hegtenis geneem nie.

Volgens Nkabi is dit nog onduidelik of die verdagte betrokke was by die ander rooftoge in Bloemfontein. ‘n Diamant ring ter waarde van R28 000 en meer as R800 is gevat. Daar is op ‘n ander diamandring en meer as R650 beslag gelê.

Bron: OFM Nuus

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.