Denel ontken Gupta-oorname na tenderbesluit

Deel op

Denel het Donderdag bewerings ontken dat die maatskappy deur die Gupta-familie oorgeneem is om ‘n R1-miljard kontrak aan VR Laser ipv LMT Holdings te gee.

LMT Holdings het die transaksie as ongeoorloof bestempel en hulle tot die hooggeregshof gewend.

“Denel wil reageer op die negatiewe verslaggewing wat tans deur sekere publikasies versprei word,” het Vuyelwa Qinga, Denel se kommunikasiebeampte in ‘n verklaring gesê.

“Denel wil kategories ontken dat dit deur die Gupta-familie oorgeneem is.”

Vroeër op Donderdag is berig dat ‘n Suid-Afrikaanse militêre kontrakteur Denel voor die Pretoriase hooggeregshof gedaag het.

Die aandeelhouers van LMT Holdings het ‘n dringende aansoek gebring na die toekenning vir die Hoefysterprogram aan VR Laser.

LMT Holdings is ‘n plaaslike ingenieurswese- en produksie-maatskappy waarvan 51 persent aan Denel behoort.

Die kontrakte vir die Hoefyster-projek, met sy verwagte inkomste sou vir tien jaar sowat R100 miljoen per jaar genereer.

Die transaksie is bekragtig deur die Tesourie sowel as die Minister van Openbare Ondernemings in 2012.

In hofstukke word nou aangevoer dat die besluit om die kontrak aan VR Laser te gee, gegrond is op ‘n politieke motief en inmenging om te verseker dat die Gupta-familie en president Jacob Zuma se seun Duduzane daarby baat.

Qinga al het dit ontken en gesê die toekenning van die kontrak aan LMT sou ‘n sekere politikus bevoordeel en LMT steek dit weg.

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.