Meer as 2 miljoen stroom Duitsland binne

Die jaar 2015 het die die hoogste vlak van immigrasie in Duitsland se geskiedenis gelewer.

Verlede jaar, was daar ‘n migrasie-oorskot van 1 139000 mense, het die Duitse Federale Buro vir Statistiek verklaar.

Statistici skryf dit toe aan die vlugtelingkrisis, maar ook die styging in immigrasie uit die nuwe EU-lidlande wat steeds voortgaan.

Verlede jaar het 2137000 mense na Duitsland gekom. Dit verteenwoordig ‘n toename van 672,000 of 46 persent in vergelyking met 2014.

Dit beteken ook dat meer as 2 miljoen mense, waarvan die meerderheid nie wit is nie, na Duitsland is, terwyl byna een miljoen hoofsaaklik wit Duitsers padgegee het.

Sowat 998,000 inwoners het besluit om Duitsland te verlaat, dus 83000 of nege persent meer as die vorige jaar.

Vandaar die oorskot bereken as net minder as 1 140000 instromelinge, maar die oorwig nie-blankes is heelwat groter.

Verrassend is slegs sowat 15 persent afkomstig uit lande wat geraak word deur hoë werkloosheid soos Griekeland, Italië, Portugal en Spanje.

Met die uitsondering van Italië, het immigrasie uit hierdie lande, wat onder skuld en finansiële krisis gebuk gaan, onlangs weer verlangsaam.

Immigrante verkies dikwels deelstate met goeie werksgeleenthede, maar trek graag na waar hulle etniese groep teenwoordig is. Immigrante uit Noord-Afrika verkies byvoorbeeld om dié rede NRW en Pakistani’s trek na Hesse.

Die getal emigrante het ook gestyg tot ‘n rekordvlak: 998000 mense het hul rug op Duitsland gekeer, nege persent meer as die vorige jaar.

Die Duitse owerhede hoop dat die jong manlike instromelinge die stagnerende arbeidsmark kan red en dat gryssorg deur hierdie immigrante behartig sal word.

Blykbaar het niemand in Duitsland nog verder as hierdie twee oppervlakkige kwessies gedink nie.

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.