Trump ignoreer uitnodiging van NAACP

Deel op

Die swart Amerikaanse aktivistegroep, die NAACP sê die Republikeinse presidensiële kandidaat Donald Trump het ‘n uitnodiging om aan ‘n opkomende byeenkoms van die groep deel te neem, geïgnoreer.

Dus is die gevestigde presedent van deelname deur ‘n kandidaat in die Amerikaanse resies om president te word, nie gevolg nie.

Daarmee het Trump besluit om nie enige belang aan ‘n groep swart rassiste te verleen met sy teenwoordigheid nie.

Dit beklemtoon ook opnuut die intuïsie van die GOP-vaandeldraer om eerder op wit kiesers te fokus en ooglopende swart raslokvalle te vermy.

Die NAACP-president Cornell William Brooks het Dinsdag aan CNN gesê dat Trump die uitnodiging om op te tree by hulle Cincinnati-byeenkoms, geskeduleer om vanaf Saterdag tot Woensdag te duur, van die hand gewys het.

Die Demokratiese genomineerde aanspraakmaker Hillary Clinton sal na verwagting volgende Maandag daar optree, omdat sy afhanklik is van swart stemme.

Die Republikeinse Nasionale Konvensie sal op dieselfde dag regoor die staat van Cleveland open.

Die Trump-veldtog het ook nie Dinsdagaand reageer op ‘n Associated Press-versoek om kommentaar te lewer nie.

Brooks het gesê hoewel lede van die Trump-veldtog ‘n skeduleringskonflik aangedui het, omdat Trump formeel op dieselfde dag die nominasie van die party sal aanvaar, moes Trump voor hulle opgetree het.

Brooks het uitgevaar teen Trump en gesê hy moes tyd ingeruim het te midde van die “rassistiese” moorde van swart mans deur polisiebeamptes in Louisiana en Minnesota, gevolg deur die moord op vyf wit Dallas polisiebeamptes deur ‘n swart sluipskutter.

Die jongste QUINNIPIAC-peiling toon dat Trump en Hillary in Ohio kop-aan-kop is en dat hy in Pennsylvania en Florida ‘n voorsprong het.

Die wedloop is straf, maar Paul Manafort, Trump se nuwe veldtogbestuurder se onbetwisbare leierskap is reeds sigbaar.

Trump het onlangs homself beperk tot slegs ‘n paar groot toesprake om sy retoriek beter te omskryf, onnodige strydpunte te vermy en het Hillary intussen aan haarself oorgelaat om haar eie foute te belig.

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.