Karel Combrinck: ‘n Nare nadraai vir Tibhirine

Die verhaal van die monnike van Tibhirine staan in die teken van die soort politiek korrekte geveinsdheid wat as’t ware ons daaglikse brood geword het.

‘n Onbekende korrespondent van Praag het my pas weer aandagtig gemaak op die geskiedenis van die monnike en wat daarmee verband hou. Natuurlik was ek, soos seker baie van ons, reeds in ‘n mate met die gebeure bekend danksy die rolprent «Van mense en gode» van die regisseur Xavier Beauvois wat in 2010 verskyn het.

Die geskiedenis van die klooster by Tibhirine in Noord-Algerië gaan terug tot die jaar 1938 toe ‘n aantal Cistersynse monnike besluit het om ‘n klooster, die Notre dame de l’Atlas (Onse Dame van die Atlasgebergte) daar te vestig. Oor die jare het talle monnike in die klooster gaan woon ten einde die plaaslike bevolking daar van hulp en diens te wees.

Die geskiedenis van die klooster kom, vir die doeleindes van ons verhaal, eers teen die middelvyftigerjare met die Algerynse onafhanklikheidsoorlog en die gepaardgaande binnelandse onrus onder die soeklig. As gevolg van wydverspreide geweldpleging van allerlei aard het die veiligheid van die monnike en die voortbestaan van hulle klooster toenemend onder druk gekom.

Tot en met die ontvoering van die sewe monnike in 1969 (d.w.s. vanjaar 47 jaar gelede) is talle mense wat in Christelike instansies in Algerië werksaam was, in aanvalle van ‘n terroristiese aard vermoor en telkens het die monnike van Tibhirine ook voor die besluit te staan gekom of hulle moes aanbly of padgee.

Keer op keer het hulle besluit om te bly en hulle werk voort te sit, maar die beslissende oomblik het gekom in 1962 toe Algerië uiteindelik van Frankryk onafhanklik geword het. Na intense sielewroeging, het die meerderheid van die monnike by stemming besluit dat hulle sou aanbly al moes hulle dan hulle lewens inboet. In 1969 het hulle inderdaad vir hulle besluit met hulle lewens betaal.

Dit is nie die oogmerk van hierdie artikel om te probeer oordeel of hulle besluit reg of verkeerd was nie. Feit is dat hulle oortuig was van hulle roeping en plig en dat hulle bereid was om ter wille daarvan te sterf.

Die dood van die monnike was nog nie die einde van hulle verhaal nie. Hulle wedervaringe was al erg genoeg, maar daar was ook nog ‘n nadraai. Dit bring ons dan by wat ons kan noem, die nare nadraai.

Sommige van die monnike het voor hulle vertrek na die Tibhirine-klooster in die Atlasgebergte in ‘n buurt (La Guillotière) van die stad Lyon gewoon en gewerk. Een van hulle het hom as geneesheer aan die universiteit van Lyon bekwaam. Hierdie feite het die kerkowerhede van Lyon laat besluit om ná die moord op die monnike ‘n groep van sewe standbeelde (deur die beeldhouer Anne Deltour) op ‘n openbare plein in die buurt La Guillotière te plaas ter herinnering aan die monnike wat voor hul vertrek na Tibhirine daar gewoon het.

Heel gou was die aangeleentheid in politiek korrekte walglikheid gehul. Die buurt la Guillotière is naamlik geleë in ‘n gebied met ‘n groot Algerynse bevolking en daar moes natuurlik ten alle koste en in belang van politieke korrektheid verhoed word dat die Algeryne se “gevoelens” seergemaak word. Vergeet maar van die gevoelens van Christene wat reeds sedert die tweede eeu in Lyon teenwoordig is.

Spoedig was almal op die politiek korrekte wa: Die kerk, die burgemeester, die Algerynse Konsulaat, noem maar op.

Die gevolg was dat die standbeelde van plek na plek geskuif is totdat dit uiteindelik in ‘n kerkkompleks buite sig van die algemene publiek beland het waar dit aan niemand en bowenal nie aan Moslem immigrante aanstoot kon gee nie. In ‘n stadium is die “probleem” van die staanplek vir die beelde oor en weer verwys van die burgemeester na die kardinaal en weer terug, so eg op die ou Kajafas-na-Pilatus-patroon.

Onder die redes wat vir die verskuiwings aangevoer is, was huigelagtighede soos dat daar ‘n gevaar was dat die beelde onthoof sou word soos met die monnikke gebeur het. Die burgemeester het aangevoer dat by een van die posisies waar die beelde geplaas moes word, dit skade sou aanrig aan die bome op die perseel.

Die “Christengemeenskap” het ook geen beswaar aangeteken oor die verskuiwing van die beeldegroep nie ten einde hulle Moslembroers nie te ontstig nie. Die Biskop van Oran in Algerië het die kroon gespan met die standpunt dat die plasing van die beelde as ‘n “provokasie” deur die Algerynse owerheid gesien sou word. In die jongste poging om die beelde gevestig te kry, is aangevoer dat die datum sou bots met die Algerynse onanfhanklikheidsvierings!

Die groot ironie in die aangeleentheid is dat die monnikke, met groot agting, dankbaarheid en liefde bejeën is deur die Algerynse gemeenskap van Tibhirine waaronder hulle gewerk het. Die soort werk wat hulle gedoen het, was meesal gerig op die gesondheidswelsyn van die gemeenskap, maar hulle het ook gehelp met landbou en voedselproduksie. Daar was geen doelbewuste poging van die monnikke om Moslems na die Christelike geloof oor te haal nie (asof dit ‘n sonde sou wees) en die mediese en ander hulp is sonder aansien des persoons aan alle lede van die gemeenskap, insluitend die verskillende strydende groepe, verleen.

Nog ‘n wrange ironie is dat geen Christelike bouwerk of ander sigbare teken van Christelike teenwoordigheid in Moslemlande geduld word nie. Die klooster by Tibhirine was ‘n soort uitsondering aangesien dit voor die onafhanklikheid van Algerië reeds bestaan het. Daarenteen staan daar tien moskees in Lyon, benewens ‘n menigte ander Moslem-instellings. ‘n Salafistiese moskee staan trouens ‘n klipgooi van die plek waar die beelde in La Guillotière opgerig sou word. Volgens statistieke was daar in 2012 ‘n totaal van 2 449 moskees in Frankryk en daar word nou beplan om die getal te verdubbel. Desnieteenstaande word die oprigting van sewe beelde van Christenmartelare as ‘n “provokasie” beskou!

Die moord op die monnikke is nooit beslissend opgeklaar nie. Aanvanklik is gemeen dat dit die werk was van ‘n Moslem-ekstremistegroep, maar mettertyd het ‘n vermoede ontstaan dat die Algerynse geheimediens betrokke was. (Waar daar iets onderduims en smerigs iewers in die wêreld gebeur, is daar altyd ‘n goeie kans dat ‘n geheimediens betrokke is). Een van die redes waarom daar vermoed word dat die Algerynse geheimediens betrokke was, is die feit dat die Algerynse owerhede sedert die moord alle pogings om die aangeleentheid te ondersoek, stelselmatig ondergrawe en bemoeilik. Die aanleiding tot die moord was waarskynlik juis dat die monnike hulp aan almal verleen het, dus asook aan faksies waarmee die Algerynse regering oorhoops was.

In die nag van 27 Maart 1969 daag ‘n geheimsinnige groep gewapendes by die klooster by Tibhirine op en begin die monnike aan te keer. Twee van hulle slaag daarin om te ontsnap, maar sewe ander word afgemarsjeer die berge in en is nooit weer lewend gesien nie. Op 30 Mei word hulle liggaamlose koppe langs ‘n pad in Algerië gevind.

‘n Meer skrille kontras as dié tussen die standvastigheid en moed van die monnike van Tibhirine wat hulle lewens ter wille van hulle geloofsoortuigings op die spel geplaas het en die lafhartige ruggraatloosheid van die stadsvaders van Lyon, wat hulle doodskrik vir ‘n Algerynse konsul, is moeilik voor te stel.

Aan die onbekende vriend wat my attent gemaak het op die twisgeskil oor die beelde het ek min of meer soos volg geantwoord :

«Ek het onlangs weer die rolprent, Van mense en gode gesien en is opnuut diep ontroer deur die suiwer skoonheid en opregte menslikheid daarvan. Dit is onvoorstelbaar dat iemand die geringe eerbetuiging wat die beelde moes bied aan hierdie edel en eenvoudige wesens van hulle wil weerhou. Hoe die oprigting van sewe beelde die Algerynse bevolking kon affronteer, is onverstaanbaar in die lig daarvan dat hierdie monnike deur die Algerynse gemeenskap aan wie hulle naastediens gelewer het, nie net aanvaar is nie, maar met liefde bejeën is. Op ‘n tydstip dat alles wat Frankryk in die verlede verkeerd sou gedoen het, daagliks in herinnering geroep word, hoop ons dat hierdie ware skande vir altyd op die kollektiewe geheue van die Franse gegrafeer sal bly.»

Lesers mag vra wat dit alles met ons te make het. Wat dit met ons te make het, is dat dit deel is van die groot skema om die wit ras en die Westerse kultuur en godsdiens van die aardbol te verwyder. Ons in Suid-Afrika is nie die enigste wat hieraan blootgestel is nie. Dat die Westerse mens so fanaties aan hierdie selfvernietigingsveltog meedoen, soos die verhaal van die monnike van Tibhrine treffend illustreer, bly steeds ‘n raaisel waarop ons geen afdoende antwoord het nie. Een verklaring is dat die Franse bv. groot geld verdien uit wapenverkope, veral aan Moslemlande en dus niks wil doen wat die Moslemlande mag ontstel nie. Maar meer nog is dit miskien omdat ons beskawing as geheel oud en moeg en dekadent geword het – ‘n ou sterwende beskawing wat in sy doodsnikke darem vir oulaas nog ‘n bietjie wins wil maak.

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.
  • Rooikop

    Ja Karel, jy is korrek – waar daar geheimedienste by betrokke is, is daar moeilikheid. Laat ek liewer verder stilbly.

  • Riempies

    The
    disputed Schweitzer quote is as follows :

    “I have given my life to try to alleviate the sufferings of Africa. There
    is something that all white men who have lived here like I must learn and know:
    that these individuals are a sub-race. They have neither the intellectual,
    mental, or emotional abilities to equate or to share equally with
    white men in any function of our civilization. I have given my lifto try to
    bring them the advantages which our civilization must offer, but I have
    become well aware that we must retain this status: the superior and
    they the inferior. For whenever a white man seeks to live among them as
    their equals they will either destroy him or devour him. And they will
    destroy all of his work. Let white men from anywhere in the world, who
    would come to Africa, remember that you must continually retain this
    status; you the master and they the inferior like children that you would
    help or teach. Never fraternize with them as equals. Never accept them as
    your social equals or they will devour you. They will destroy you.”

    http://crimesofthetimes.blogspot.co.za/2012/11/albert-schweitzer-and-his-controversial.html

  • jan

    Angola was ‘n katolieke land waar die Nonne soo goed was vir die bevolking – en hulle was die eerste wat lewend op die miershope vasgebind is met die revolusie.. …. 1974
    Hier by ons is die liberale revolusionêre Vrydenker ateïste en die Ogotter sataniste die grootste aanhitsers van ons Volksmoord ba Verwoerd se moord.
    Want dis baie betalend.

  • kaiavas

    Daar is monnikke, en monnike, en monnike! Eerstens die monnike wat hierbo beskryf word. Tweedens ‘poup what have you’ se kindermolesteerders. Derdens die budiste monnike van Tie-bet wat onafhanklikheid van Sjina najaag. Ek het dit teen laasgenoemde. Te sleg om te werk maar met die dai-lama in beheer kan hulle rondsit en die onderdane moet hulle versorg

  • Betzie van Rensburg

    Staatspresident C.R.Swart se standbeeld wat deur barbare op die Universiteitskampus in Bloemfontein ‘ verwyder’ is, word heel moontlik na die Voortrekkers se plaas, Doornkloof, by Kroonstad/Lindley verskuif.

  • Rifrug

    Dankie Karel vir die stof tot nadenke.

    “… die gepaargaande binnelandse onrus … ” moet seker wees ‘gepaardgaande’

  • Johann Schutte

    Dambisa Moyo, Zambiese ekonoom met nagraagdse kwalifikasies in ekonomie en publieke administrasie van Harvard en Oxford, het onteenseglik (en polities inkorrek) aangedui dat Westerse filantropie en welvaart in Afrika invers korreleer.

    https://upload.wikimedia.org/wikipedia/commons/thumb/a/a7/Dambisa_Moyo.jpg/220px-Dambisa_Moyo.jpg

    Die Afrika lande wat meer hulp ontvang, vaar ekonomies betekenisvol swakker as die lande wat minder hulp ontvang.

    Sy demonstreer en bespreek hierdie verskynsel in diepte in haar boek , ‘Dead Aid’, en bied verklarings aan, vir waarom dit so sou wees.

    Die Tibhirine monnike se ingryping in Afrika mag moontlik edel en bewonderingswaardig vanuit Westerse oogunt wees, maar berus op `n denkfout, wat sederdien herhaaldelik gedemonstreer is. Schweitzer was eerlik genoeg om sy mistasting na meer as twee dekades te erken, en gelukkig genoeg om sy altruisme te oorleef. Amy Biehl was daarenteen nie.

    Daar is talle soortgelyke tragiese verhale van westerlinge wat gedrewe deur morele oorweging Afrika wil bevoordeel, slegs om `n aaklige dood sterf.

    Na my kennis is dit tans die eerste keer dat hierdie tipe goedgelowige altruisme op etniese vlak gedemonstreer word. Die 1994 magsoordrag was essensiëel moreel aangevuur. Blanke Suid Afrikaners staar gevolglik uitwissing in die gesig.

    In lyn met Dambisa se bevindings, is die gevolge vir Afrika ook ernstig. Blanke altruisme het byvoorbeeld die Ethiopiese 30 miljoen hongersnoodprobleem verdubbel.

    Solank as wat korttermyn ideologies-emosionele behoeftes ten koste van langer termyn realisme voorkeur geniet, sal die Tibhirine verskynsel met ons wees.

    • Riempies

      Dankie Johan vir hierdie baie insiggewende kommentaar. Die
      rede waarom Westerlinge so n gedrewe parentale gewete teenoor die Afrikamens
      het is vir my n duister saak. Europa en Afrika se mens onderskeidelik – het geneties
      hulle eie behoefte bepaling ontwikkel. Die
      Europeriërs het op hulle eie intellektuele vermoë staat gemaak, die bepalende
      faktor tot hulle ondergang en die Afrika mens op die natuur, wat hulle instaat
      stel deur getalle om te oorleef op die langtermyn.

      Die Europese superieure intellek tenspyt is die onnosele
      verloorder hierdie geveg om oorlewing.

    • Betzie van Rensburg

      Johann,jy praat van westerlinge wat gedryf deur morele oorweging Afrika wil bevoordeel.

      Hoe sterk , dink jy , is hierdie morele oorweging gebed in die Christelike geloofsiening van naasteliefde, genade-betoning aan medemense, vergifnis tot in die n-de graad ( 70×7), dankbaarheid oor ‘ die meetsnoere het vir my in lieflike plekke geval ‘, geen klippe gooi want jyself woon in n glashuis, net God kom die ‘ problematiese’ wraak (?) en straf toe , ens.ens ?

      • Riempies

        Goeiemore Betzie – is die woord “mede” nie waar ons struikel nie? Ek sal dit
        nogal waardeer as Rifrug vir ons hierdie woord kan ontleed – veral met
        sinonieme.

        • Betzie van Rensburg

          Goeie laatmiddag, Riempies. Jy het n punt beet.

          Miskien sou ek ook die die hulp aan ‘ medes’ beter verstaan as die brood wat op die water gewerp is ( in die sin van onbaatsugtige hulp verleen) al na my toe begin terugkom het.

          Mens stoei maar teen die wrewel wat wil opstoot met elke slot en grendel wat jy daagliks implementeer.

      • Johann Schutte

        Hallo Betzie. Ek dink geloofsoortuiging (of miskien geloofsindoktrinasie) het baie daarmee te doen.

        Die sielkunde (en common sense) dui daarop dat ons assosiasie netwerk rondom ons vorm in figuratiewe konsentriese sirkels, met meer intimiteit/lojaliteit naby, en minder intimiteit/lojaliteit, verder.

        Ek verwerp enige oortuiging, geloofsgebaseerd en andersins, wat my die reg wil ontneem om `n onderskeid te maak tussen mense wat nader of verder aan my is, en my simpatie ooreenstemmend aan te pas.

        Ek verstaan dat sendelingskap, d.w.s. uitreiking na ‘verstes’ `n uitsonderlike roeping is, en ek aanvaar dat daar suksesverhale is.

        Na my observasie prioretiseer die gemiddelde Christen ‘verstes’ eerder as ‘naastes’, en doen so weens jarelange indoktrinasie deur kerke, ingesluit die drie groot Afrikaanse kerke.

        • Betzie van Rensburg

          Dankie vir jou mening, Johann. Die indoktrinasie lê diep en wyd. Sou die NG leraars dit kon waag om met wyer nuanses te preekpraat oor byvoorbeeld die barmhartige Samaritaan ?
          Sonder aansien des persoons ( lekker genetiefvorm vanuit Duits, sommer terloops) is die hulp verleen.

          Ek vind daar is intense verwarring aangaande hierdie saak by , om jou woorde te leen
          ‘ die gemiddelde Christen. Daar sak n sluier oor die oë en vinnige doepa is om die Volksblad en Huisgenoot teen n winskopie-prys op die straathoek te gaan koop .

          Ek moet egter bely dat die Volksblad so eenkeer n week op my kombuistafel lê . Dit is wanneer ek behoefte het aan galgehumor en soms , erg kru , in my gedagtegang op n foto of twee wil spoeg.

          • Johann Schutte

            Ek dink dis almal se verantwoordelikheid om verligtend te reageer op sy medemens se ongemak, ‘sonder aansiens des persoons’.

            Ek weet van gevalle waar swart mense voedsel gesmokkel het vir blanke vroue en kinders wat tydens die ABO in die bosse/berge weggekruip het om die konsentrasiekamp te vermy. Daar is baie voorbeelde van mense wat hul verstes (en selfs hul vyande) behulpsaam was. Ek respekteer dit.

            Iewers langs die pad het die barmhartigheidsopdrag verander om skuldgedrewe slaafse welwillendheid te impliseer, selfs ten koste van die wat naaste aan jou is.

            Van my persoonlike naastes is byvoorbeeld so besig is met God se plan vir die kleurling gemeenskap, dat hulle hulle eie kinders verwaarloos.

  • leonlemmer

    Dit is selde dat ek meer aangrypende beeldhouwerk as die op die foto teekom. Vir inligting lees John Kiser se boek, The monks of Tibhirine: faith, love, and terror in Algeria (2003, 366p, Amazon Kindle $9,11).

  • Rutger

    Karel Combrinck dit was ‘n profetiese stuk!

    • G

      Absoluut waar. Karel Martell.

  • jan

    Eendag het Gammat [Oscar] hierdie saak voortreflik aan die regter beskryf nadat hy ‘n ou doodgesteek het en vir opsetlike moord aangekla is:
    “Djou Onner dit was nog nooit aspres nie – dit was ‘n terribil eksident gawies.
    Ek meen, hoe kan hi man sy BESTE VRIEND soe vrieslik vimoooo.? Die oorledene was my beste pêl gawies. Troe.!!|
    Regter: ” Nou hoe op dees aarde het jy dan jou beste vriend so verskriklik vermink en gedood?!!|”
    Gammat: “Djou Onner die saak staan nou soe: Hy was die naaste!!”

  • Guest

    Marocchinate (pronounced [marokkiˈnate], Italian for “Moroccan treatment” meaning “women raped by Moroccans”) is a term applied to women who were victims of the mass rape and killings committed during World War II after the Battle of Monte Cassino in Italy. These were committed mainly by the Moroccan Goumiers, colonial troops of the French Expeditionary Corps (FEC), commanded by General Alphonse Juin. The monument “Mamma Ciociara” was erected in remembrance of the Marocchinate women, particularly. Always NICE when “diversity” rolls into town? Not so much. Destiny is now calling France. Their Muslim colonies are being torn from them quite spectaculary.