‘Groter as Churchill se taak’

Deel op

Koningin Elizabeth II het die nuwe leier van die Konserwatiewe Party, Theresa May, ingeroep om ‘n nuwe regering saam te stel, het AFP berig.

Europese leiers het reeds gevra dat Brittanje vinnig moet optree om die skeiding van die EU te formaliseer. May het egter aangedui dat sy nie aangejaag sal word nie.

Die 59-jarige dogter van ’n dominee, is Brittanje se tweede vroulike premier met die oorspronklike “ystervrou”, Margaret Thatcher, wat die weg gebaan het.

May staar groot uitdagings in die gesig en sal alles in haar vermoë moet doen om ernstige verdeeldheid in die geledere van die Konserwatiewe Party te oorbrug en die potensiële ekonomiese afname ná uittrede uit die EU, te behartig.

Nog ’n groot uitdaging is om pro-EU Skotland te verhinder om weer ‘n veldtog vir onafhanklikheid te voer ten einde in die EU te bly. Sy sal ook nuwe globale handelsbande en diplomatieke alliansies in die ná-Brexit-era moet smee.

The Guardian het Woensdag berig: “Sy kom aan bewind in ’n tyd wat Churchill sou uitgedaag het.”

May het saam met Cameron die siening gesteun dat Brittanje in die EU moet bly, en sy sal nou Euro-skeptici in haar eie party en die land moet oortuig dat sy nie van plan is om die implementering van uittrede uit die EU te systap nie.

“Brexit beteken Brexit en ons gaan ’n sukses daarvan maak,” het sy gesê.

Sy is gewild in en om Maidenhead, die welaf dorp wes van Londen, wat sy sedert 1997 in die Britse parlement verteenwoordig.

May het pas vir Boris Johnson as die minister van Buitelandse Sake aangestel.

Sy is ongelukkig eerder bekend vir haar skoenliefde, veral luiperdvel-laarse, wat gereeld in die Britse pers opgemerk word.

Sy is selfs afgeneem waar haar skoenhak net voor 10 Downingstraat in die sypaadjie vashaak.

mayskoen

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.