Wegbly-aksie in Zim misluk

Deel op

Die meeste ondernemings en skole in Zimbabwe het Dinsdag normaalweg geopen, ondanks ‘n oproep tot ‘n landwye staking.

Pastoor Evan Mawarire, leier van die sukkelende #ThisFlag-beweging, is vroeër op aanklagte van aanhitsing van geweld en rusverstoring in hegtenis geneem.

Mawarire het die oproer gedoen aan sy landsgenote om Woensdag en Donderdag aan ‘n landwye wegblyaksie deel te neem.

Die leier van die Progressiewe Onderwysersunie, Takafira Zhou, het aan AFP gesê die reaksie op die oproepe was traag omdat diegene wat verlede week aan die staking deelgeneem het, hul salarisse kwyt is.

Hulle vrees vir nóg strawwer maatreëls as hulle met die staking volhou.

Die hoë ouderdom van die regerende Zanu-PF se leier, Robert Mugabe, het ‘n opvolgstryd ontketen wat die party lamlê.

Oproer het verlede week plek-plek uitgeslaan, maar het weer vinnig bedaar.

Dit kom na invoerregulasies is op 17 Junie deur die Zimbabwiese regering aangekondig is wat sekere Suid-Afrikaanse produkte verbied om “plaaslike handel te bevorder”.

Staatsamptenare het nog steeds nie hul salarisse ontvang nie.

Indien Zimbabwe ineenstort sal vlugtelinge eenvoudig oor die grens na Suid-Afrika stroom, na groener weivelde.

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.