Frankryk vier ‘n triestige 14 Julie

Frankryk vier vandag ‘n triestige 14 Julie in ‘n gees van waaksaamheid onder ‘n noodtoestand.

Die tradisionele militêre parade sal plaasvind, maar onder streng toesig.

Die 3239 soldate wat in die Champs Elysees sal afmarsjeer, sal deur meer as 3000 polisie en gendarmes beskerm word, het die Paryse polisiehoofkwartier Woensdag gesê.

Die mees ongewilde President van die Republiek, Francois Hollande sal om 10:10 onder die Arc de Triomphe die saluut ontvang.

Die verhoog sal by Place de la Concorde opgestel wees, met die teenwoordigheid van lede van die regering wat na die parade sal kyk. Dit sal ook goed bewaak wees.

Later in die aand is daar ‘n konsert gevolg deur die gebruiklike vuurwerke, maar 2500 lede van die veiligheidsmagte het reeds voorfiltrering maatreëls en toegangsbeheer geïmplementeer.

Die publiek word genooi om deel te neem, maar die gebruiklike konsert sal nie aan die voet van die Eiffeltoring plaasvind nie, maar in die Joseph Bouvard-laan, het die woordvoerder van die polisieprefektuur van Parys gesê.

Die ikoniese toeriste-aantreklikheid is gesluit nadat vandale daarop toegesak het.

Meer as 10,000 lede van die veiligheidsmagte is gemobiliseer om verdere openbare geweld te voorkom soos met die onlangse stakings en Euro 2016 sokkertoernooi.

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.