Die Franse owerhede het Maandag besluit om die toegang tot die Eiffeltoring te sluit ná ernstige onrus in die omgewing.
Die 0-1 nederlaag van die Franse sokkerspan teen Portugal in die finaal van die Euro2016-toernooi het tot die oproer by die toring gelei. Voertuie is ook aan die brand gesteek.
‘n Woordvoerder van die maatskappy wat die Eiffeltoring bestuur (SETE, in Frans), het gesê die sluiting is te danke aan veiligheidsmaatreëls en die skade wat veroorsaak is deur duisende ondersteuners wat die Champ de Mars verniel het.
Die Franse sokkerspan en hul ondersteuners is oorwegend swart.
Met die opening om 16:00 tot 19:00 plaaslike tyd Sondag, was daar nagenoeg 90.000 mense in die gebied.
Daar was byna 1500 soldate ontplooi om beskerming te verleen. Hulle moes uiteindelik waterkanonne gebruik en traangas inspan om die daaropvolgende openbare geweld ná die nederlaag te probeer verhoed.
Die woordvoerder van die SETE het gesê dat die Franse nederlaag daartoe gelei het dat baie van die aanwesiges op die terrein die hindernisse begin afbreek het en ‘n belangrike deel van die infrastruktuur in die plek langs die die monument vernietig het.
Die soldate het egter gekeer dat die oproermakers verder binnedring. Die molesmakers was gelukkig nie in staat om toegang die installasie self te verkry nie.
As gevolg van botsings met die polisie in die Franse hoofstad is honderde in hegtenis geneem wat nou moontlike eise vir koste vir die skade wat hulle veroorsaak het, in die gesig staar.
Verlede maand is die plein ook ontsier deur geweld toe honderde gemaskerde betogers met polisie in Parys slaags geraak het tydens ‘n betoging teen omstrede veranderinge aan Frankryk se arbeidswette.
Die botsings het uitgebreek terwyl die internasionale kollig op Frankryk was as die gasheer van Euro 2016, wat ook gekenmerk is deur geweld tussen mededingende sokkerondersteuners, veral Britte.
Stakings het ook tot die sluiting van die Eiffeltoring gelei en vervoer ontwrig.