Die registrateur van die Appèlhof sê dit is onwaarskynlik dat die ministerie van Justisie se appèl teen die toestaan van parool aan Janusz Walus, voor aanstaande jaar aangehoor sal kan word.
Paul Myburgh sê die hofproses sal nou die uitruil van dokumente behels en dit kan maande neem om af te handel.
Walus het die afgelope 23 jaar in die tronk deurgebring nadat hy skuldig bevind is aan die sluipmoord op die Kommunistiese terroriste-leier, Chris Hani, in 1993.
Die Hooggeregshof in Pretoria het in Maart vanjaar opdrag gegee dat die Poolsgebore Walus uit die tronk vrygelaat word.
Die Minister van Justisie, Michael Masutha, is verlof geweier om teen die uitspraak te appelleer.
Die minister het daarna die Appèlhof regstreeks genader wat Masutha verlof gegee het om die uitspraak te betwis.