Pastoor wat Zim-wegbly-aksie reël aangekla

Deel op

Die Zimbabwiese pastoor Evan Mawarire, wat ’n tuisbly-protes teen die regering georganiseer het, het Dinsdag op sy Twitter-blad, ­Mawarire’s #ThisFlag, aangekondig die polisie het hom aangekla van aanhitsing tot geweld.

Hy word ingevolge artikel 35 van die wet ook vir rusverstoring aangekla.

Nóg ’n betoging teen pres. Robert Mugabe se bewind word vir vandag en môre beplan.

As daar enige iemand is wat in hegtenis geneem moet word vir die aanhitsing van openbare geweld in Zimbabwe, dan moet dit President Robert Mugabe en die minister van finansies Patrick Chinamasa wees, het die opposisie PDP-leier Tendai Biti gesê.

Biti het gereageer op die inhegtenisneming van Mawarire deur die polisie in Harare nadat hy homself oorgegee het Dinsdagmiddag.

Verskeie ander aktiviste is ook in hegtenis geneem op soortgelyke aanklagte.

Biti sê Chinamasa wat doelbewus in gebreke gebly het om staatsamptenare te betaal het die woede en ontevredenheid geskep.

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.