Amerikaanse soldate na Suid-Soedan

Deel op

Sowat 40 Amerikaanse spesialemaglede is inderhaas na die VSA se ambassade in Juba, Suid-Soedan, terwyl die land op die rand van nog ‘n burgeroorlog verkeer.

Die troepe sal sekuriteit by die ambassade versterk en help om nie-noodpersoneel te ontruim, sê Samantha Reho, ‘n woordvoerder van VS-Afrika-bevel.

“Verskeie voertuie uitsluitlik vir gebruik in die beskerming van die ambassade sal gestuur word,” het Reho gesê.

Sy wou nie enige ander inligting verskaf oor die betrokke eenheid nie met verwysing na operasionele veiligheid.

Die stilte het intussen Dinsdag die hoofstad neergedaal nadat ’n skietstilstand-verklaring minstens tydelik ’n einde aan vier dae se deurlopende skietgevegte in die stad gemaak het.

Dit is te vroeg om te sê of die skietstilstand gehandhaaf sou word waarvoor pres. Salva Kiir én sy opponent, visepres. Riek Machar, gevra het.

Die kalmte het burgerlikes ten minste die geleentheid gegee om hul huise te verlaat.

Geen gewapende helikopters was in die lug nie en geen tenks in die strate nie. Die geluide van artillerie-vuur was stil en soldate het in hul barakke gebly, het AFP berig.

Die kalmte is deur Juba se inwoners verwelkom wat hulself die afgelope dae binnenshuis skuilgehou het.

Meer as 300 soldate is Vrydag dood toe gevegte die aand in alle erns uitgebreek het. Saterdag, met die herdenking van onafhanklikwording, het die gevegte bedaar, maar Sondag weer opgevlam.

Ondanks die verposing in vyandelikhede, bly die situasie in Juba gespanne.

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.