RSG-redakteur skielik oorlede

Deel op

‘n Bulletinredakteur van RSG, Johan Lieb Kriek, is laat gistermiddag in Johannesburg oorlede.

Hy was vroeër die dag ongesteld en is na ‘n dokter.

Hy het kort daarna aan ‘n hartaanval beswyk.

Die 57-jarige Kriek was vroeër in sy loopbaan die uitvoerende regisseur van Monitor/Spektrum.

Hy word oorleef deur sy eggenoot, ma en twee broers.

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.