Bulle van Pamplona maai onder hardlopers

Deel op

Twee mans wat aan ‘n jaarlikse bulstormloop in Spanje deelgeneem het, is in ‘n ernstige toestand in die hospitaal nadat hulle gegaffel is. Een het ‘n nekwond en die ander ‘n borswond opgedoen.

Die twee het Sondag in Pamplona, Spanje, aan die Sint Fermín-fees in die stad deelgeneem waar daar elke oggend ses bulle vrygelaat word om ‘n vlugtende skare te jaag.

Elf mense, onder wie ook ‘n Suid-Afrikaner, is reeds by hierdie jaar se fees in die Spaanse Pyrenee beseer. Vyftien avontuursoekers het oor die afgelope 100 jaar in Pamplona se bulstormlope omgekom.

Nog drie adrenalienjagters is beseer toe bulle hulle vertrap het tydens die stormloop.

Die bulle van die Toro Bravo beesras kom dan uiteindelik teen professionele stiervegters te staan.

In ander dorpe in Spanje het bulle hul tol geëis.

‘n Stiervegter van die dorpie Teruel is gedood toe ‘n bulhoring sy bors deurboor het.

Sy dood is regstreeks op TV uitgesaai.

In die dorp Pedreguer het ‘n bul ‘n jong man gedood wat ‘n ander een wou help en in ‘n ander voorval is ‘n hardloper deur ‘n bul in ‘n doodloopstraat vasgekeer en noodlottig beseer.

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.