Suid-Soedan: Oliekonflik woed

Deel op

Minstens 150 soldate van Suid-Soedan is dood in hernude gevegte tussen die weermag en die voormalige rebelle wat lojaal aan visepresident Riek Machar is.

Hewige gevegte het Maandag in Suid-Soedan se hoofstad, Juba, gewoed ondanks internasionale beroepe tot kalmte nadat dodelike skermutselinge duisende mense op die vlug laat slaan het.

Die jong land se wankelrige vredes­ooreenkoms is opnuut in die gedrang.

Die Verenigde Nasies (VN) het diepe kommer uitgespreek oor die geweldpleging wat tot die dood van honderde mense gelei het en nou dreig om die land opnuut in ’n burgeroorlog te dompel.

Tenks en gewapende helikopters is ontplooi en artillerievuur is in verskeie dele van die hoofstad gehoor.

Inwoners het hulle in hul huise toegesluit en die Amerikaanse ambassade het gewaarsku oor die “hewige gevegte tussen magte van die regering en die opposisie”.

Die VN se veiligheidsraad het Sondag geëis dat pres. Salva Kiir en sy visepresident, Riek Machar, “hul uiterste bes moet doen om hul onderskeie magte te beheer, die gevegte te beëindig en die verspreiding van geweldpleging te voorkom”.

’n Beroep is op hulle gedoen om hulle “opreg tot die volle en onmiddellike implementering van die vredesooreenkoms te verbind, wat ’n permanente skietstilstandsooreenkoms en die herontplooiing van militêre magte uit Juba insluit”.

Soldate lojaal aan Kiir en voormalige rebelle wat Machar steun, het mekaar Sondag met tenks, bewapende helikopters, mortiere en vuurpylaangedrewe granate aangeval.

Die botsings, die eerste tussen die weermag en voormalige rebelle sedert Machar in April na Juba teruggekeer het om as visepresident ingehuldig te word, het Vrydag begin toe 150 soldate in ’n kortstondige, maar bloedige geveg dood is. Die plaaslike media berig dat die dodetal so hoog soos 270 kan wees. Dit is nie duidelik hoeveel mense Sondag, die dag ná die vyfde herdenking van onafhanklikwording, dood is nie.

Juba se lughawe is gesluit en Amerika het opdrag gegee dat alle nie-noodsaaklike Amerikaanse personeel die land moet verlaat.

Suid-Soedan, wat onafhanklikheid in 2011 verkry het, is jongste land ter wêreld. Nogtans het ‘n burgeroorlog in 2013 tussen faksies uitgebreek.

Die skuld vir die verbrokkeling in betrekkinge tussen die twee partye kan byna geheel en al op olie gepak word.

Alhoewel Suid-Soedan 75 persent van Soedan se olie-reserwes ingepalm het na onafhanklikheid en die derde grootste olie-reserwes in sub-Sahara-Afrika bevat, is die meeste pyplyne steeds onder beheer van die noorde.

Volgens Washington, is Amerika is die grootste enkele hulpskenker aan Suid-Soedan.

Die ander land met ‘n groot belangstelling in Suid-Soedan is China, wat ook vredesmagte gestuur as die grootste rolspeler in Soedan se olie-industrie.

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.