Moslemgemeenskap in Johannesburg geskok oor ISIS-verdagtes

Deel op

Die inhegtenisneming van vier vermeende ondersteuners van die Islamitiese Staat (ISIS) en die waarskuwing van die Amerikaanse ambassade in Pretoria oor moontlike terreuraanvalle, mag dalk verband hou tot groot skok van die plaaslike Moslemgemeenskap.

Amerika en Brittanje het in Junie gewaarsku dat terreuraanvalle by winkelsentrums in Johannesburg en Kaapstad kan voorkom.

Die woordvoerder van die Valke, Hangwani Mulaudzi, sê die tweelingbroers, Brandon-Lee en Tony-Lee Thulsie (foto hierbo) word daarvan verdink dat hulle aanvalle op die Amerikaanse ambassade en geboue van Joodse eienaars beplan het.

Die tweeling en die egpaar, Fatima en Ibrahim Patel het reeds in die hof verskyn op aanklagte wat wissel van sameswering tot vuurwapen-oortredings.

Die Patels is na bewering deur die Thulsies gewerf.

Die Thulsie-broers het glo onlangs hulself tot Islam bekeer en ‘n gedaanteverwisseling ondergaan sê bure. Hulle was eers uitgaande pretsoekers, maar wou glo daarna opsluit in Sirië gaan veg.

Die verdagtes is die naweek in hegtenis geneem.

Die gemeenskap het hul skok uitgespreek oor die inhegtenisnemings en gesê hulle het dit nie van die vier verwag nie en kan nie glo dat hulle by terreur betrokke kan wees nie.

Maar die plaaslike moskee in Newclare het glo die twee broers glo van bywoning verbied omdat hulle nie moeilikheid wou hê nie.

Die tweelingbroers het taamlik beteuterd gelyk tydens hul verskyning.

Die Joodse gemeenskap in Johannesburg het by monde van Zev Krengel gesê hulle het reeds veiligheid opgeskerp, maar die Amerikaanse ambassade wou nie kommentaar lewer nie.

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.