Zimbabwe gaan weer staak

Deel op

Nog ‘n Zimbabwiese geestelike het hom by die geledere aangesluit van diegene wat standpunt teen president Robert Mugabe se bewind inneem vanweë die verslegtende ekonomiese toestand.

In ‘n gelade preek Sondag wat agterna viraal versprei het, het Emmanuel Makandiwa, die stigter en “profeet” van die Verenigde Familie- Internasionale Kerk, gemaan dat daar  meer betogings gaan wees.

“Daar sal ‘n gold van betogings plaasvind, hulle sal ophou en weer begin, en die verkeerde keer sal die situasie handuit ruk en buitelandse vredesmagte sal ingeroep word. Onthou my profesie oor die bye wat vlieg om ander bye te byt wat mense gaan steek,” het hy gesê.

‘Geen slange in ons agterplase’

Zimbabwe maak gereed vir nog ‘n staking môre en Donderdag wat deur ‘n burgerlike beweging onder leiding van pastoor Evans Mawarire georganiseer word. Na bewering was daar oor die naweek ‘n poging om die pastoor te ontvoer.

Visepresident Phelekezela Mphoko het gewaarsku dat die weermag se hulp ingeroep kan word om toekomstige betotings te onderdruk. “Ons beskik oor veiligheidsmagte. Ons kan nie slange in ons agterplase aanhou nie,” het hy gesê.

Die oorsake van die betogings verlede week was onder andere: banke waarvan die kontant opraak, polisie wat omkoopgeld by padblokkades vra, laat betalings van regeringsalarisse en ‘n verbod op die invoer van basiese handelsware. Salarisse van onderwysers en verpleegsters is egter onmiddellik ná die betogings betaal.

Mawarire het ‘n beroep op die bevolking gedoen om vandeesweek weer te staak indien die regering nie aan hul eise voldoen nie.

 

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.