Facebook meen grafiese geweld teen wit beamptes is gemeenskapsvriendelik

Deel op

Facebook weier om ‘n walglike afbeelding van ‘n Black Panther wat ‘n wit polisiebeampte se keel afsny van ‘n bladsy te verwyder wat deur die vermeende Dallas-skieter Micah Johnson gebruik is.

Die grusame foto toon ‘n man geklee is in swart wat die keel van ‘n wetstoepasser in uniform met ‘n mes afsny terwyl bloed uit die wond spuit.

Dit is geplaas op die “Black Panther Party Mississippi” bladsy, waarop Johnson ‘n tirade gepos het net enkele dae voordat hy sy slagting uitgevoer het.

Die prent dra die inskrywing “as ‘n R.B.G. moordenaar panther belowe ek om my swart gemeenskap te verdedig deur enige middele wat nodig is”.

‘R.B.G’ staan ​​vir rooi, swart en groen en verwys na die Pan-Afrikavlag, wat dikwels gesien word by swart protesoptredes.

Die foto is geplaas op Facebook deur ‘n gebruiker by name Prins Mamuhammad, waar inskrywings oor “oorlog teen die wit man” geplaas is.

Gebruikers het reeds by Facebook gekla, maar die sosiale media webwerf weier om dit af te haal, en sê dit skend nie die maatskappy se “gemeenskapstandaarde” nie.

Facebook meen die prent “bevorder nie grafiese geweld nie”.

Die antwoord lui: “Verslae soos joune is ‘n belangrike bydrae om van Facebook ‘n veilige en vriendelike omgewing te maak.

“Ons het die pos wat jy aangemeld het omdat dit grafiese geweld aanhits, hersien en bevind dat dit nie ons gemeenskapstandaarde oortree nie.”

Facebook het nie verdere kommentaar gelewer nie.

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.