Twee verdagtes van Greytown-plaasmoord verskyn

Deel op

Twee swart mans, 18 jaar oud, verskyn vandag in die Greytown-landdroshof op aanklagte van moord en huisroof na die moord op ‘n plaaslike boer vandeesweek in KwaZulu-Natal.

“Greytown se speurders het onvermoeid sonder ophou gewerk om seker te maak dat die beweerde verdagtes wat betrokke was by die moord op Sarel David Theron aan die pen ry,” het lt.kol Thulani Zwane gesê.

“Hul harde werk het positiewe resultate gelewer toe hulle die twee verdagtes opgespoor en in hegtenis geneem het vir die moord en huisroof. Goedere soos [a] skootrekenaar, selfoon en ander besittings wat tydens die moord en huisroof gesteel is, is ook by die verdagtes gevind,” hy het gesê.

Daar word beweer dat 49-jarige Theron se lyk Dinsdag, 5 Julie by sy huis gevind is op ‘n plaas in Seven Oaks omstreeks 09:00, nadat hy versuim het om vir diens aan te meld.

Hy is gevind deur een van die plaasbestuurders en die polisie is ontbied. Hy is met ‘n mes gesteek en is glo ook verwurg. Sy skootrekenaar, selfoon en ander goedere is geneem uit die huis.

Theron is laas gesien op Sondag, 2 Julie by sy huis.

‘n Saak van moord en huisroof is geopen deur Greytown-polisiekantoor.

Speurders het hul ondersoek wat gelei het tot die inhegtenisneming binne ‘n week voltooi, het Zwane gesê.

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.