Lesotho: Redakteur geskiet

Deel op

Die redakteur van die Lesotho Times en Sunday Express koerante Lloyd Mutungamiri is geskiet en gewond by sy huis in die hoofstad Maseru.

Hy is geskiet omstreeks middernag Saterdag toe hy sy motor geparkeer het ná sy terugkeer van die werk af.

Sy vrou Tsitsi Mutungamiri het gesê sy het ‘n paar skote gehoor en om hulp geskree.

Sy het haar man bebloed neffens die motor aangetref nadat een koeël sy kakebeen verpletter het.

Die skietery kom na wat ‘n paar moeilike weke vir die koerant maatskappy, Africa Media Holdings (AMH), was.

Die koerant staar groot vyandigheid het die gesig van die regering van premier Pakalitha Mosisili wat die mediagroep daarvan beskuldig het dat hulle te krities is.

Mutungamiri is vir ondervraging deur speurders ingeroep op 23 Junie nadat die Lesotho Times twee verslae gepubliseer het wat die bevelvoerder van die Lesotho Weermag (LDF) Tlali Kennedy Kamoli in ‘n slegte lig stel.

Volgens een berig sou die regering van Lesotho ‘n stewige R40 miljoen uitbetaal aan Kamoli om die LDF te verlaat.

Dit was in lyn met ‘n aanbeveling deur die Suider-Afrikaanse Ontwikkelingsgemeenskap (SAOG) na ‘n ondersoek om onstabiliteit in Lesotho te bekamp deur Kamoli te onthef van sy pos.

‘n Tweede satiriese stuk het voorgestel dat Lesotho veel beter af sou wees sonder Kamoli.

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.