Zuma kom in Parys aan op staatsbesoek

Deel op

President Jacob Zuma het in Parys aangekom vir ‘n staatsbesoek aan Frankryk gemik op verdere bevordering van verhoudings tussen die twee lande, het die presidensie gesê.

Die besoek sal plaasvind onder die tema “samewerking as gelyke vennote vir geleenthede en die uitdagings van die 21ste eeu”, het die presidensie in ‘n verklaring gesê.

Die mees ongewilde Franse president ooit in die geskiedenis tans, Francois Hollande het Suid-Afrika in 2013 besoek.

Die besoek sal ‘n platform bied vir beide lande om glo samewerking op verskeie gebiede te verbeter, insluitend handel en belegging, energie, maritieme sake, landbou, wetenskap en tegnologie, onderwys en vaardigheidsontwikkeling, kuns en kultuur, verdediging, ontwikkelingsamewerking, en internasionale betrekkinge.

“Ekonomiese betrekkinge en handel is hoog op die agenda van die besoek. Frankryk is ‘n belangrike handels-, beleggings-, en toerisme vennoot vir Suid-Afrika,” lui die verklaring.

In 2015, het die algehele omvang van handel R33.6 miljard beloop.

Frankryk is ‘n belangrike bron van direkte buitelandse belegging in Suid-Afrika met ‘n geraamde volume van meer as R24 miljard.

Volgens die toerisme-afdeling, het ‘n totaal van 128.438 toeriste uit Frankryk besoek Suid-Afrika in 2015 afgelê, wat Frankryk een van die grootste bronne van toerisme-inkomste maak.

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.