Britte tjoepstil terwyl hul maaksel Mugabe Zim verder onderploeg

Deel op

Die Zimbabwiese president Robert Mugabe het wit sanksies die skuld gegee vir die huidige tekorte in sy land, terwyl Brittanje hul maaksel botweg ignoreer.

Die tekort aan geld om staatsamptenare se salarisse te betaal is weens wit lande se onwilligheid om sanksies op te hef, het Mugabe verklaar. “Amerika moet nog sanksies verwyder. Die EU het sommige reeds opgehef.”

Die EU voorsien steeds geld aan die bankrot AU waarmee die ou krummel van ‘n swart diktator rondrits in weelde en hom kan verbeel hy is ‘n groot staatsman.

Mugabe, wat deur Brittanje se toedoen aan bewind gebring is, het Vrydag by Bindura, noord van Harare, aan ondersteuners van sy Zanu-PF party gesê regeringsbetalings word deur wit lande “onderskep”.

Hy het ook gewaarsku teen ‘n “sameswering” om die regering omver te werp.

Maar Mugabe se regering kon verlede jaar nie eers soveel as ‘n brief skryf aan die Verenigde Nasies vir voedselhulp nie. Dit is standaardprosedure om te Wêreld Voedselprogram te aktiveer.

Die Britte is tjoepstil oor die 35 jaar van chaos wat hulle geskep het deur Mugabe se skrikbewind te bewerkstellig waar 4000 voedselproduserende wit boere van hul plase afgejaag is.

Sedert die 2013-verkiesing het die aantal staatsamptenare van 233 000 tot 550 00 toegeneem. Daar is glo duisende spookwerkers wat ook die staats­kas leegtap.

Geweld het verlede week by Beitbrug, die grenspos tussen Suid-Afrika en Zimbabwe, uitgebreek na ontevredenheid oor ‘n verbod op die invoer van items soos Cremora, kunsmis en bottelwater vanuit Suid-Afrika.

In Harare, Zimbabwe se hoofstad, het die polisie met taxibestuurders slaags geraak.

Zimbabwe se nuwe invoerbeperkings uit Suid-Afrika sal intussen goedere van R2 miljard per jaar raak, het City Press berig.

Dit volg op soortgelyke beperkings wat verlede jaar ingestel is en waarvoor invoerpermitte met groot moeite verkry moet word.

Mugabe het in Maart buitelandse maatskappye, veral Chinese bedrywe, daarvan beskuldig dat hulle nagenoeg R270 miljard uit diamantopbrengste “verduister” het.

Ingeligte bronne meen Mugabe se vrou Grace het klaar gesorg dat sy oorneem van haar man. Die huidige onrus mag dalk deur ander faksies in die regering aangemoedig word wat graag self op die enkelwa-soustrein wil klim.

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.