Leon Lemmer: Jack Donovan oor die blanke stam

Deel op

In 1981 is David Harrison se The white tribe of Africa (University of California Press, 307p) gepubliseer. Dit handel oor die blanke bevolking van Suid-Afrika en die benadering is spesifiek uit die oogpunt van die Boere, oftewel Afrikaners. ‘n Mens ken in die eerste plek jou gesin en (bloed)familie; die huidiges en ook jou voorgeslag(te). Daar is ‘n natuurlike aanvoeling vir die onderskeid tussen diegene wat etnies en kultureel aan jou verwant is en dié wat dit nie is nie. Daar is mense wat emosioneel en andersins na aan jou is en ander wat verder van jou is. Party is so ver dat hulle afwesigheid of onbekendheid jou nie raak nie. Dít is die ons/hulle-onderskeid* wat deesdae as boos afgemaak word deur diegene wat ons probeer wysmaak dat die mensdom een groot familie is; ‘n familie wat glo eerder uitmunt in eendersheid as verskille en wat daarom tot gelykheid gedwing moet word om beweerde onreg uit te skakel. Die ironie is: Daardie mense wat so vreemd is dat hulle afwesigheid jou nie aangaan nie, se teenwoordigheid/aanwesigheid kan as steurend ervaar word; des te meer as dit burokraties opgedring word. Hoe meer dit opgedring word, hoe dieper dit jou persoonlike ruimte binnedring, des te onaangenamer word dit. Dit is ‘n diepe menslike reaksie, wat wedersyds kan wees.

[* Beterweter Max du Preez skryf: “Daar is nie ‘n ‘hulle’ nie” (Die Burger, 21 Mei, p 15). Dus, dit is ons wat universiteitseiendom beskadig, boere se grond onteien, korrup is, ens. In werklikheid hang Du Preez ‘n radikale Max/hulle-onderskeid aan: Hulle (ander wittes) moet luister en hulle bekke hou; nie Max nie. Hulle (ander wittes) moet tussen die swartes gaan woon; nie Max nie, ens. Jack Donovan (2016-bron hier onder, Kindle 727) skryf: “The American government is a ‘them’, not a ‘we’.” Afrikaners kan seker dieselfde van die ANC-regering sê.]

Stamme word soms met primitiwiteit geassosieer. Stamverwantskap kan dan as onbeskaaf, as agter die klip, afgemaak word. Groepassosiasies kan die vorm van bendes aanneem, wat eweneens negatiewe assosiasies oproep. Groepassosiasies kan ook herinner aan geheime verenigings of geslote organisasies waartoe net ingelyfdes toegang het, soos die Vrymesselaars. Primitiwiteit kan voorts as heidens/paganisties getakseer word. Primitiwiteit kan ook vertolk word as ‘n opset waarin mans oorheers en vroueregte vertrap word. Aan die ander kant, as ‘n bepaalde geslag (mans of vroue of alles tussenin) ten koste van die ander gepropageer word, kan dit lei tot die verheerliking van bv homoseksualiteit of militante feminisme. My bedoeling is om al hierdie uiterstes te vermy en net positiewe oogmerke na te jaag.

Die krisis waarin manlikheid verkeer, is by my tuisgebring in literatuur oor Skandinawië, waarin vervroulikte manssoldate met haarnette veroordeel en die versugting deur vroue uitgespreek is dat hulle gerus meer van die kenmerke van hulle strydlustige Viking-voorouers kon behou het. In hierdie verband is daar bv die boek van Liam Gooding, How to become a modern Viking: A man’s guide to unleashing the warrior within (2016, 230p; Amazon Kindle $10,02). Maar manlikheid kan skeefgetrek word sodat dit vroue uitsluit en as homoseksualiteit vergestalt word, soos Jack Malebranche uitwys in sy Androphilia: Rejecting the gay identity, reclaiming masculinity (2012, 252p; Amazon Kindle $6,83), wat deur Jack Donovan heruitgegee is. Simon Sheppard se boek, All about women: What big sister doesn’t want you to know (2015, 69p; Amazon Kindle $3,42), met ‘n voorwoord deur Jack Donovan, handel oor hoe vroue teenoor mans georiënteerd behoort te wees sodat manlikheid tot sy reg kom. Nathan F Miller en Jack Donovan se boek, Blood brotherhood and other rites of male alliance (2011, 244p; Amazon Kindle $6,83), handel oor die soort rituele en mites waarvan ek probeer wegstuur.

Dit is duidelik dat Donovan met manlike geslagtelikheid gepreokkupeer is. Vrouelesers moet asseblief poog om hulle nie van stryk te laat bring omdat Donovan deurgaans net mans aanspreek en feitlik net na mans verwys nie. Daar is heelwat in sy boeke waarvan met vrug kennis geneem kan word. Donovan erken bv “The function of women has always been to unify the tribe from within, to nurture positive relationships” (2016-bron hier onder, Kindle 484). Hy het veral bekendheid met sy boek, The way of men (2012, 192p; Amazon Kindle $6,83), verwerf. Manlikheid verkeer in ‘n krisis, onder meer weens pogings om geslagsverskille, soos ander verskille, by mense sover moontlik te ontken. Hy wil manlikheid weer eerbaar maak. David Benatar, ‘n filosoof aan die Universiteit Kaapstad, oor wie se politiek ek my gunstig uitgelaat het (Praag 3.10.2015), het ‘n boek oor die weerslag van feminisme gepubliseer: The second sexism: Discrimination against men and boys (2012, 305p; Amazon Kindle $20,96). Benatar se boek was uiters nodig, want dit is oorbekend dat die ANC-regering blatant teen blankes en veral blanke mans diskrimineer. Die ANC maak hom dus aan sowel rasse- as geslagsdiskriminasie skuldig.

Jack Donovan het sy baie suksesvolle 2012-boek onlangs opgevolg met die publikasie van Becoming a barbarian (Milwaukie, Oregon: Dissonant Hum, 2016, 107p; Amazon Kindle $6,83) waarin hy waarsku teen modestrominge wat modernisering te ver dryf. Dit is oor hierdie boek wat ek hier skryf, maar dan met inagname van al die voorbehoude wat ek in die derde paragraaf hier bo genoem het. Ek poog om die plaaslike blankes te mobiliseer teen die bose magte wat hulle wil onderploeg. Dit gaan vir my by uitstek om die behoud en heil van alle Afrikaners en die uitbouing van hulle kultuur, wat uiteraard Afrikaans insluit. In hierdie rubriek is die fokus op mans, maar sonder om vroue uit te sluit. Afrikanervroue het immers gehelp om die voorlaaiers te laai waarmee die Boere geskiet het en die vroue wou voortveg toe baie van die mans in die Anglo-Boere-oorlog wou oorgee. Ons moet nie die Maxiste glo wat gebied dat ons deesdae moet oorgee en geen weerstand moet bied nie. Max du Preez sit met ‘n Engelse vrou en ‘n kind in ‘n Engelse skool. Hy is eintlik die teenoorgestelde van ‘n Afrikaner. Die feit dat hy onlangs ‘n akademies waardelose eredoktorsgraad vir (om dit sag te stel) twakpraat en -skryf ontvang het, verander niks hieraan nie. Dit dien eerder as bevestiging van sy onredbare linksheid.

Die barbaarsheid waarna in Donovan se boektitel verwys word, word soos volg verduidelik: “Today, all good, modern, civilized men living in the Western world are all taught to be good global citizens whose racial, cultural and religious loyalties must always be subordinate to a broader and more inclusive commitment to the human race. To say that you care about one group of people more than others is a moral sin in the modern world. It is considered uncivilized – barbaric. And yet, to become the kind of man who can join or start a tribe, that is exactly what you have to be willing to do” (Kindle 48).

Die ons/hulle-onderskeid is ‘n onontkombare werklikheid. “To say that you love every man as your brother is not only a lie, but a resignation to impotence and a forfeiture of manhood” (108). “The love of a man who loves everyone and anyone is spread so thin it is weak and meaningless, but the love of man who discriminates is concentrated, powerful and profound. It gives him direction and purpose” (912). Vir Donovan gaan dit om sosiale of kollektiewe identiteit, dus om kultureel aan ‘n bepaalde groep te behoort; ‘n geval van “belonging” (129). “Identity is a rootedness that provides a rationale for action” (162). “A man who has earned his place in a group of men knows who he is … His personal identity is located within and relates to his social identity” (153). “An identity that can be easily shrugged off or replaced, or which can coexist with competing or conflicting identities fails to stabilize the self-image” (153).

Iets betreffende die plaaslike bruin elite het my tydens die onlangse hewige stryd om die behoud van universitêre Afrikaans sterk opgeval. Die bruines is ‘n tussengroep, nóg wit, nóg swart, met lede wat van swart tot wit strek. Tydens apartheid het hulle gesê/geëis dat hulle as wit (of soos wittes) aanvaar moet word. Sedert 1990/1994 wil hulle swart wees en noem hulle hulleself eerder swart as bruin. (In werklikheid is blankwees myns insiens egter deurgaans die norm waarna bruines heimelik bly strewe; vandaar hulle duidelike voorkeur vir ligte velpigmentasie.) Die klassifikasie wat bruines voorheen begeer het (wit) of wat hulle tans aan hulleself toedig (swart), het selfbevoordeling ten doel; nie bruin identiteitsbevestiging (in soverre so iets moontlik is) nie. Daar word dikwels beweer dat wittes en bruines dieselfde kultuur deel, maar daar is bv Afrikaans-, Kaaps- en Engelssprekende bruines en ook Moslembruines.

In die genoemde taalstryd het ‘n kultuurverskil tussen Afrikaanssprekende wittes en bruines duidelik geblyk en wel betreffende ‘n kernaspek van Afrikaneridentiteit, te wete Afrikaans. As ons verloopte Afrikaners buite rekening laat, kan gesê word dat Afrikaans die kulturele kern van Afrikaners is; dus dat Afrikaans iets is wat onlosmaaklik deel van Afrikaners is. Dit is feitlik net Afrikaners wat hulle in die huidige taalstryd aan die kant van Afrikaans geskaar het. By die bruin elite was dit heeltemal anders gesteld. Feitlik sonder uitsondering het hulle óf verengelsing gesteun, dus geblyk anti-Afrikaans te wees, óf geswyg, dus nie werklik begaan oor Afrikaans gewees nie. Dit beteken dat Afrikaans, soos etnisiteit/velkleur (van wit tot swart of eers wit en nou swart wil wees), nie ‘n kerndeel van bruin identiteit is nie maar eerder iets “easily shrugged off or replaced” (voorlaaste paragraaf hier bo) is.

Wat ek interessant vind, is dat daar ‘n soortgelyke skynidentiteits- of -etniese groep in Amerika is, naamlik die Hispaniste/”Hispanics” of Latynse Amerikaners/”Latinos” (bv Meksikane/Chicano’s en Puerto Ricane). In Amerika is die blankes die meerderheidsgroep en daarnaas word veral die volgende etniese minderheidsgroepe amptelik erken: swartes, Hispaniste, Indiane en Asiate. Die lede van die Hispaniste strek egter van blank tot swart, al word hulle in propaganda as bruin of brons geëtiketteer. Soos die Suid-Afrikaanse bruines het hulle aanvanklik daarop aangedring om as blankes geklassifiseer te word. Sedert die jare sestig word swartes as minderheidsgroep egter so uitermate bevoordeel dat die Hispaniste ter selfbevoordeling hulle aspirasie om blank te wil wees, laat vaar het. Deesdae geniet hulle as minderheidsgroep grootliks dieselfde buitensporige bevoordeling as swartes. By die Hispaniste (soos by Suid-Afrika se bruines) is daar nie absolute taalidentiteit nie. Die meerderheid is die koloniale taal Spaans magtig, maar ander verkies Engels terwyl veral dié van Brasiliaanse oorsprong Portugees magtig is. Vir meer inligting is daar boeke soos G Cristna Mora, Making Hispanics: How activists, bureaucrats and media constructed a new American (University of Chicago Press, 2014, 252p; Amazon Kindle $17,24) en Ann Twinam, Purchasing whiteness: Pardos, Mulattos and the quest for social mobility in Spanish Indies (Stanford University Press, 2015, 554p; Amazon Kindle $15,72).

Terug by Donovan. Dit is wanneer ‘n etnies-kulturele groep hom in ‘n groter konteks, bv as ‘n minderheidsgroep in ‘n land, bevind dat aanslae op sy identiteit gemaak word. “It is in the interest of Empire [die veronderstelde wêreldryk] to discourage exclusive identity, tribalism and … nationalism” (171). Daar is deesdae die neiging om verskille by mense sover moontlik te ontken en almal aan ‘n gelyk- en selfs eendersmakingsproses te onderwerp. “Racial identity, religious identity, nationalism and even sexual identity are becoming increasingly taboo” (179). Dit kom neer op die ontkenning of ten minste afskaling van multikulturaliteit en diversiteit.

Alle mense word as “citizens of the world” geag … “everone is supposed to be their people” (187). Die ganse mensdom word tot ‘n utopiese familie gewens. “Good, modern, civilized men are expected to care about all of humanity. They are supposed to care about everyone’s happiness and protect everyone from suffering and injustice” (187). Dit is die teelaarde van allerhande “menseregte”. Van almal word verwag om sodanige regte, dikwels verskans in wetgewing, te eerbiedig. Dit is in so ‘n opset dat Ayn Rand (1905-1982) gerebelleer en eerder vrywillige altruïsme bepleit het (Praag 23.01.2016). Peter Schwartz het hierdie onderwerp deeglik ontleed in sy boek, In defence of selfishness: Why the code of self-sacrifice is unjust and destructive (New York: St Martin’s Press, 2015, 256p; Amazon Kindle $12,99).

Donovan beveel aan: “Choosing to care completely for a few and refusing to care at all for the many” (641). “That starving kid in Africa with flies on his eyes is still a stranger in some foreign shithole you’ll never go to. He’s not your responsibility, and the only reason you even know about him is because some group of people who would rather help exotic strangers than their own neighbors want you to give them money to continue their elaborate, self-gratifying social display of moral purity … You are not their people. You’re an outsider, and they don’t care if you live or die. You shouldn’t care if they live or die either” (912). “This is not hate. This is selective love, and practiced indifference” (937). “Universalist morality is the hypocritical creed of the Empire, so any alternative morality will necessarily be labeled ‘barbaric’ by the mainstream. It may be ‘barbaric’ to say that some people are more important to me than others, but it is far more honest than pretending I care about everyone equally” (952).

Van suksesvolle mense en by uitstek van blankes word so buitensporig baie ubuntu/medemenslikheid verwag (dus daar word van hulle vereis om so baie mense gelukkig te maak en te hou) dat hulle eie lewens in ongelukkigheid verval. “The … [John] Lennon-ist pipe dream that the whole ‘world should live as one’, [is] so burdened by their inherited white guilt that they’ll put anyone and everyone else’s interests before their own … moral universalism – often persersely called ‘humanism’ – has become a secular catechism of self-denial and spiritual surrender … universalists flail and torment themselves for even having improper or unkind thoughts about their fellow human beings. And like inquisitors, their righteousness drives them to rout or ruin any heretic who dares to speak his sinful thoughts aloud” (253). Dit is George Orwell se “Thought Police” van 1984 in aksie en verduidelik waarom mense nie meer waag om swartes te kritiseer nie.

“Negative information about immigrants and [American] minority groups is covered up by egalitarians or so legally perilous to talk about in some parts of the West that the polite and well-meaning nation of Sweden has become known as the rape capital of Europe. Instead of dealing with the problem, the Swedes obscure and talk around it and many have simply accepted it as the ‘new normal'” (263). “Western men are supposed to ignore all negative information about other ‘underprivileged’ groups and behave as if everything is fine whether it is or not. They are expected to let other groups do whatever they want and smile and pretend everything is getting better. Anyone from any group can move to their neighbourhoods, and if crime and graffiti and property damage increase, then good, modern, civilized Western men are supposed to make up some abstract and conveniently impossible to prove rationale for why it is happening instead of holding the group in question accountable. Anyone from any group – but usually self-hating white intellectuals and professors … – can slander the ancestors of white men and rewrite their history and all good, modern, civilized white men are supposed to agree and apologize and beg for forgiveness. Even rape is reduced to an economic exchange, where the rapist is excused because of his poverty” (290).

Donovan het dit teen “the all-inclusive, culture-erasing universalism that is epidemic in the West and spreading virulently across the globe” (406). Dít is die “culture of cultural erasure” (402). “We are told to accept the unacceptable, to condemn religions that condemn, to share cultures with everyone as if they belong to no one, to deny all racial affinity, to pretend that men and women are interchangeable” (413). “Passionate moral condemnation and public shaming are now reserved for racists, sexists, religious ‘extremists’ and all of the phobes: homophobes, xenophobes, transphobes, Islamophobes and anyone else who limits or excludes or defines by separating or distinguishing” (437). In werklikheid hét mense egte “national, ethnic, religious, racial and sexual identities” (566). “Identity requires you to be someone, and not just anyone” (835).

Aan die einde van sy boek laat Donovan geen twyfel daaroor nie dat “my ‘we'” niks anders beteken nie as “my people” (1555). “Eventually everything is about tribe and identity” (1564).

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.