OUTA gaan SAL-kontrak met BnP Capital bekyk

Deel op

Die burgerregte-organisasie OUTA beplan om ‘n ‘n hofbevel te bekom oor ‘n omstrede kontrak tussen die Suid-Afrikaanse Lugdiens en die maatskappy BnP Capital.

Vroeër is berig dat die SAL nie die korrekte verkrygingsprosedures gevolg het met die aanstelling van BnP nie.

Die voorsitter van OUTA, Wayne Duvenage sê die ooreenkoms kan aandeelhouers van BnP Capital R256 miljoen ryker maak.

Die lugdiens kon die diens teen ‘n vyfde van die koste bekom het.

‘n Woordvoerder van die SAL, Tladi Tladi, sê die ooreenkoms voldoen aan die voorgeskrewe verkrygingsprosedures.

Duvenage sê hy sal dokumentasie vrystel wat sal aantoon dat daar familiebande is tussen BnP Capital en lede van die raad van die SAL.

In OUTA se verklaring sonder hulle Dudu Myeni, ‘n Zuma-vertroueling, uit as die onbevoegde party.

Daniel Mahlangu, die uitvoerende hoof van BnP Capital (foto hierbo) kon nie vir kommentaar bereik word nie. Hy het vroeër gesê hy bedryf ‘n “boetiek” vir finansiële advies wat die “mark ken”.

Alhoewel die “hele” Raad die sogenaamde tender op 24 Mei goedgekeur het, het twee lede eers op 27 Mei hul handtekeninge op die dokument geplaas.

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.