Kambodja verbied skrapse kleding vir tempelbesoekers

Deel op

Kambodjaanse owerhede het aangekondig dat besoekers wat onbehoorlik aantrek voortaan van die Angkor-tempels verban sal word.

Long Kosal, ‘n woordvoerder van die Apsara-owerheid wat beheer oor die argeologiese kompleks het, het gesê van 4 Augustus af sal van plaaslike en buitelandse toeriste vereis word om langbroeke of rompe tot onder die knie en hemde wat hul skouers bedek te dra as hulle die tempelkompleks wil besoek.

Diegene wat nie behoorlik geklee is nie, sal hul kleredrag moet verander voordat hulle toegelaat sal word om die tempelterrein te betree.

Hy het gister gesê die verbod word ingestel omdat mense wat skamel geklee is nie die tempel se heiligheid respekteer nie.

Ongeveer 2,1 miljoen buitelandse toeriste het Angkor verlede jaar besoek.

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.