Jonathan Jansen hou die geldkraan van UV oop

Die Universiteit van die Vrystaat (UV)se omstrede visekanselier, Jonathan Jansen, gaan glo ‘n salaris ontvang van die instelling waaruit hy bedank het in Mei.

Dit het na vore gekom dat Jansen steeds in diens van die Universiteit gaan wees in ‘n posisie wat hy self geskep as visekanselier, terug in 2010.

Jansen het intussen ‘n uitnodiging as ‘n Genoot by die Sentrum vir Gevorderde Studies in die Gedragswetenskappe aan die Stanford Universiteit in die VSA aanvaar waar hy blykbaar in September sal begin.

Maar die geldkraan in Bloemfontein word nie met sy vertrek toegedraai nie.

In reaksie op ‘n media-navraag, het die UV-woordvoerder, Lacea Loader, gesê die UV-Raad het dié kontrak in beginsel goedgekeur waar Jansen as ‘n senior professor aanbly.

Sy het gesê besonderhede – soos sy salaris en die kommissie wat hy sal verdien – sal na gelang van sy navorsing en fondsinsameling bepaal word en moet nog onderhandel word.

Loader sê presies wanneer Jansen sal begin in hierdie nuwe posisie is ook deel van die onderhandelinge.

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.