Mangaung is die hoofstad van seksuele misdrywe

Deel op

Mangaung is die hoofstad van seksuele misdrywe in Suid-Afrika, het skokkende syfers getoon.

Die misdaadstatestiek van nege groot stede in die land is vervat in die verslag, State of Urban Safety in South Africa, wat aan die begin van die maand vrygestel is.

Dit wys dat die aantal seksuele misdryf-sake in Mangaung landwyd die hoogste is en dat die koers waarteen dit die afgelope dekade gestyg het, hoër is as die gemiddelde nasionale koers.

Inbrake by huise landwyd het ook skerp toegeneem, maar Mangaung het steeds die hoogste inbraaksyfers.

Die verslag het ‘n analise van misdaad en geweld, asook die impak daarvan gedoen, wat insluit die vrees wat dit by inwoners inboesem.

Die hoogste aantal moorde is in Kaapstad aangeteken en, volgens statistiek, staan slagoffers van misdaad in Johannesburg ‘n groter kans om geroof of gekaap te word.

Behalwe vir veediefstal is die grootste persentasie misdaad in stedelike gebiede aangemeld.

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.