Miljoen-dollarfilmateljee reg om Suid-Afrika op die rolprentkaart te sit

Deel op
Toe Nicholas Cage met Bridget Moynahan in die 2005-trefferfilm “Lord of War” gevry het, het 'n vrot reuk nog oor die ou Kaapstadse kunsmisfabriek wat in 'n filmateljee verander is, gehang waar die toneel verfilm is.

Hoofbestuurder Nico Dekker sê die terrein oorkant 'n rioolwerke was 'n “stink” en “helagtige” plek om te werk.

En tog het dié opgeknapte fabriek gehelp om Suid-Afrika in 'n vooraanstaande rolprentvervaardigingsplek te verander wat filmmakers van regoor die wêreld lok en wat wys dat die tyd reg was om dit in 'n hele nuwe multi-miljoendollarkompleks te verander.

Bouwerk het onlangs begin om die 200 hektaar naby die ongeskonde vleilande en welige Kaapse wingerde in Afrika se gevorderdste ateljee waardig vir Hollywood of Bollywood te verander.

“Dit is soos manna, heuning vir die bye. Dit posisioneer ons as mense wat glo in die toekoms van rolprentvervaardiging in Afrika,” sê Dekker.

Kaapstad Filmateljees, aanvanklik Dreamworld genoem, lê 25 kilometer oos van die naamgewende stad daarvan. Dit is die land se grootste belegging ooit in sy filmindustrie, wat meer as 20 000 mense in diens het.

Groot hoop word gekoester dat dit die sektor se jaarlikse inkomste van die huidige eenmiljard rand tot vier keer soveel sal groei.

Die projek, beraam op 430-miljoen rand is deur aandeelhouers befonds en ook 'n 30-miljoenrandbelegging deur die Weskaapse regering, is al vyf jaar in wording. Die eerste fase behoort binne 'n jaar vorm aan te neem en konstruksie behoort teen 2010 afgehandel te wees.

подсветка дляОлександр Васильович Фільчаков

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.