Swart wildbewaarder skop ietermago genadeloos vir foto

Deel op

‘n Video van ‘n swart veldwagter se vreemde houding teenoor ‘n ietermago is op YouTube gelaai.

Die veldwagter het tydens ‘n nagrit by Punda Maria in die Kruger Nasionale Park uit sy voertuig gespring en die dier hardhandig begin skop sodat hy ‘n foto kon kry.

“Hy het later gesê hy wil teruggaan om die dier te vang, sodat hy die publiek geld kan vra om dit te sien,” het Jason Janse van Vuuren in beskrywing van die video wat hy opgelaai het, gesê.

Volgens Reynold Thakhuli, die waarnemende hoof van kommunikasie by Sanparke, is hulle bewus van die video en ondersoek tans die voorval.

Elke spesie van ietermago is tans bedreig, deels as gevolg van die vraag na ietermagovleis en -skubbe in Asië.

“In sommige kulture word geglo dat ietermagoë genesende kragte besit en om hierdie rede hulle word gereeld in tradisionele medisyne gebruik. Ietermagoë word ook beskou as ‘n lekkerny en is in groot aanvraag in lande soos China en Viëtnam. Dit is wat hulle die meeste verhandele dier in die wêreld maak, “volgens Sanparke.

Afrikaspesies word toenemend geteiken weens die skerp afname in die bevolkings van hul Asiatiese neefs.

Volgens bewaringsinstansies is vier ton Afrika-ietermagoskubbe deur die Hong Kong owerhede in beslag geneem in Junie.

Dit verteenwoordig ongeveer 1100 tot 6600 individuele diere.

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.