Plaasmoorde: Die slagting van wit boere in syfers

Deel op

Daar is ‘n aansienlike toename in plaasaanvalle in Suid-Afrika sedert 2012 sê die Transvaalse Landbou-unie (TLU SA).

Die statistiek sluit plaasaanvalle en moorde in wat sedert 1990 tot Junie 2016 plaasgevind het.

‘n Totaal van 1 824 moorde is aangemeld tydens plaasaanvalle sedert 1990 asook 3 933 aanvalle.

Van die 1 824 moorde, was 1 170 slagoffers boere, 491 was direkte familie van die boere, 141 was werkers op die plaas en 22 was besoekers.

Volgens die tweejaarlikse opname, toon 2012 (174 aanvalle) ‘n beduidende toename in vergelyking met die 96 aanvalle in 2011.

In 2013 weer het die getal gestyg tot 231 slagoffers wat aangeval is. In 2014 het dit gestyg tot 279.

‘n Rekordhoogtepunt is in 2015 aangeteken toe 318 mense aangeval is op hul plase. Vermoedelik is die meeste slagoffers wit en Afrikaans.

In terme van plaasmoorde, was 2002 die bloedigste jaar met 119 mense wat hul lewens verloor het in plaasaanvalle.

Tot dusver is daar 2016 ‘n verbysterende 188 aanvalle waarin 39 mense gedood is, aangeteken.

Gauteng het die hoogste moordsyfer met 499 aanvalle en 413 moorde sedert 1990. Hierdie jaar is daar 14 moorde en 40 aanvalle alleen reeds gepleeg.

Die provinsie met die minste aanvalle en moorde is die Noord-Kaap met 46 aanvalle en 26 moorde sedert 1990.

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.