Zim-onrus in Angelsaksiese pers aangekondig

Deel op

Groot dele van stedelike Zimbabwe het Woensdag soos ‘n oorlogsone gelyk nadat botsings tussen inwoners en die polisie tot geweld gelei het.

Die onrus is in al die Angelsaksiese koerante aangekondig en hul ontleders praat van ‘n “militêre coup” wat kan volg.

Tonele van brandende bande en groot klippe in die middel van die pad is die hoofstad Harare en Bulawayo opgemerk met jeugdiges wat die hoofpaaie na die middestad onbegaanbaar gemaak het.

In Mfakose het die polisie na bewering geweld gebruik om betogers uiteen te jaag. Vier joernaliste is in hegtenis geneem en aangehou by Marimba-polisiekantoor en is eers vrygelaat nadat hulle foto’s wat hulle tydens die botsings geneem het, vernietig is.

Gewapende polisielede handhaaf ‘n swaar teenwoordigheid in gebiede waar onrus voorkom, terwyl die meeste vervoeroperateurs besluit het om eerder hul voertuie van die paaie af te hou.

Diegene wat wel instem om passasiers te vervoer, vra $2 per rit in plaas van die gewone 50 sent.

Econet het bevestig dat WhatsApp tans af is. Intekenare is deur middel van sy kliëntediens vroeër Woensdag deur twiets verwittig.

In Bulawayo het jeugdiges bande aan die brand gesteek en die Mzilikazi-supermark geplunder. Die polisie moes die vandale met behulp van traangas en water kanonne verwilder.

Talle het in die middestad saamgedrom teen die bewind van president Robert Mugabe. Vyf jeugdiges is later in hegtenis geneem en na Bulawayo polisiekantoor geneem.

In ander gebiede soos Masking, Chipinge, Victoria-waterval en Gweru, het oproeriges plakkate teen Mugabe rondgeswaai.

Sakebedrywighede in die meeste groot stede gaan voort, maar nie alle winkels is oop vir die publiek nie na oproepe vir ‘n massa-wegbly-aksie.

Ekonome sê die oproer sal nie veel invloed op die land se ekonomie hê nie. Voedselkettingwinkels sê hulle doen steeds fluks sake.

Die polisie hou ‘n swaar teenwoordigheid in hoëdigtheidsgebiede.

‘n Polisiewoordvoerder het gesê probleemgebiede in Harare is Bidiriro, Mufakose en Warren Park.

“Die polisie het 19 mense in Harare, ses van Bidiriro en 13 van Mufakose in hegtenis geneem. Onder hulle is Linda Masarira van Occupy Africa Unity Square wat onskuldige straatverkopers met klippe gegooi het en hul stalletjies afgebrand het,” het sy gesê.

Sy het bygevoeg dat 17 mense in hegtenis geneem is in Victoria Falls omdat hulle teen president Mugabe betoog het. “Ek is seker jy kan ‘n derde hand sien. Sommige van hulle is eintlik van Australië, maar hulle is in Zimbabwe om te betoog,” het sy gesê.

Intussen het die Zimbabwe Lawyers for Human Rights aangekondig dat hy sy prokureurs ontplooi het regoor die land om gevalle van gearresteerde aktiviste te hanteer.

Intussen het die regering, by monde van die Sekretaris van Gesondheid en Kindersorg, aan stakende gesondheidspersoneel gesê hul Junie-salarisse sal nou vroeër as wat beplan is betaal word.

In 2008 het stakings ook gevolg nadat staatsamptenare nie betaal is nie.

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.