Hillary kry ‘uit-die-tronk’ kaart van FBI

Deel op

Die FBI het sopas vir Hillary Clinton ‘n “uit-die-tronk” kaart oorhandig, alhoewel sy vir “uiterste nalatigheid” oor die vingers getik is vir haar hantering van geklassifiseerde inligting met haar gebruik van privaat eposse.

Die linkse Demokratiese Party lojaliste is verlig en hoopvol dat die Clintons weer eens daarin geslaag het om van die gereg te ontsnap.

Die e-pos-gemors wat ‘n jaar gelede onder die publiek se aandag gekom het, was ‘n meulsteen om Hillary Clinton se nek. Soortgelyke, maar baie minder ernstige aantygings, het president Richard Nixon se einde met Watergate beteken.

Nou sal dit aan kiesers oorgelaat word om te besluit of die bevinding deur FBI Direkteur James Comey dat geen van Hillary se oortedings kriminele klagtes werd is nie, geloofwaardig is.

In fokusgroepe in Illinois, Pennsylvania en Florida het McClatchy bevind dat kiesers onseker is.

Terwyl die meeste mense nie vertroud is met die inhoud van die epos-sage nie, het die meerderheid beslis bewyse van Clinton se arrogansie en onbetroubaarheid in haar optrede gewaar.

Die vraag is nou of Comey se vryspraak Clinton sal help, selfs al het die FBI bevind dat Clinton en haar volgelinge “uiters onverskillig in hul hantering van baie sensitiewe, hoogs geklassifiseerde inligting was”?

Só ‘n aantyging hou duidelik verband met hoogverraad.

FBI-direkteur Comey het Dinsdag ‘n mediakonferensie gehou, dae nadat die Buro die Demokratiese presidentskandidaat ondervra het omtrent haar gebruik van ‘n private e-posbediener as minister van buitelandse sake.

Hy wou nie vrae neem tydens die sessie nie.

Meer as die helfte van die eposse wat die FBI moes ondersoek is deur Clinton se helpers uitgewis.
 
Demokratiese ondersteuners is kennelik verlig deur die aankondiging.

“Die meeste kiesers sal dit sien asof Clinton 67 mph in ‘n 65-myl zone gedoen het en wetstoepassers wat sê ‘geen boete’ nie,” het ‘n Demokratiese beleidmaker dit afgelag.

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.