NASA-tuig Juno begin om Jupiter wentel

Deel op

Die NASA-tuig Juno wat op 5 Augustus 2011 vertek het in Florida, VSA, het na sowat vyf jaar by Jupiter aangeland en om die gasplaneet begin wentel.

NASA sê hulle het ‘n sein van 719 miljoen km ver ontvang oor die sonnestelsel, en bevestig dat die ruimtetuig suksesvol begin wentel het om Jupiter, die grootste planeet in ons sonnestelsel.

Dit duur sowat 49 minute om ‘n boodskappe vanaf Jupiter na die aarde te stuur.

Dit is nie seker waaruit Jupiter, wat met elektrisiteit gelaai is, se kern bestaan en of dit solied is nie.

Juno sal nie om die planeet se ewenaar wentel nie, maar om die pole.

Die tuigie van 3,5m sal 4 667 km van die groot planeet wentel en onder die eerste laag wolke waar waterstof onder groot druk verkeer wat soos ‘n elektriese geleier funksioneer, lui Nasa se verklaring.

Juno het by sy aankoms sy hoofenjins 35 minute lank laat vuur om in die wentelbaanposisie te kom en het reeds 2,8 miljard km afgelê.

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.