Kubermisdadigers teiken SA

Deel op

Internasionale kubermisdadigers het reeds honderde miljoene rande van Suid-Afrikaners gesteel deur gesofistikeerde aanvalle op finansiële instellings in die land.

Sulke misdadigers word boonop selde of ooit vasgevat.

Vroeër vanjaar het krakers meer as R180 miljoen van Standard Bank gesteel nadat hulle kredietkaartbesonderhede bekom het om geld te trek van OTM’s in Japan in ‘n gekoördineerde aanval.

Dié soort kubermisdaad word moontlik gemaak weens die kwesbaarheid van die sagteware wat maatskappye gebruik om belangrike korporatiewe funksies te verrig, sê ontleders.

Die grootste hindernis vir Suid-Afrika se kuber-sekuriteitvermoëns, is die gebrek aan geskoolde kubertalent in die land.

Basie von Solms, direkteur van die Universiteit van Johannesburg se kuber-sekuriteitsentrum, sê: “Suid-Afrika het die wêreld se derde grootste aantal slagoffers van kubermisdaad.

“Suid-Afrika staar ‘n nasionale krisis in terme van kuber-sekuriteit in die gesig as gevolg van die gebrek aan kuber-sekuriteitdeskundiges.”

‘n Ontleder van ‘n rekenaar forensiese laboratorium, sê internasionale aanslae teen kuber-sekuriteit het ‘n kommerwekkende tendens.

“Skendings gaan gemiddeld ongemerk vir 146 dae.”

“Hulle [Suid-Afrikaners] het ‘n valse gevoel van sekuriteit in hul sekuriteitstelsels.”

Die uitvoerende hoof van die Suid-Afrikaanse bankrisiko-inligtingsentrum, Kalyani Pillay, het gesê verlede jaar het R778.6 miljoen verlore geraak deur-bank verwante misdade, insluitend kubermisdaad.

“As sekuriteit verbeter, pas misdadigers aan en verskuif hul fokus na die nuwe platforms wat banke ontwikkel om bankdienste te vergemaklik.”

“Die probleem in Suid-Afrika,” sê ‘n ontleder van ‘n kubersekuriteitsfirma “is dat hoewel maatskappye, veral finansiële instellings ‘n uitstekende netwerksekuriteit handhaaf, is hulle hoogs kwesbaar ten opsigte van toepassings.

“Kuber​​misdadigers soek kwesbaarhede in hierdie stelsels.”

Dit is in sommige gevalle ook kleiner ondernemings wat geteiken word, omdat groter maatskappye meer aan sekuriteit kan bestee.

Verlede jaar is meer as 6000 unieke kwesbaarhede rondom rekenaartoepassings wêreldwyd aangeteken, sê die ontleder.

Slegs 28 lande in die wêreld beskik oor ‘n kubersekuriteitbeleid.

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.