Selfmoordbommers tref drie stede in Saudi-Arabië

Deel op

Vier mense is dood nadat selfmoordbomaanvallers drie stede in Saoedi-Arabië geteiken het.

In Medina het ‘n selfmoordbomdraer homself naby die stad se veiligheids-hoofkwartier opgeblaas in wat beskryf word as ‘n aanval deur ISIS.

Die ontploffing was nie ver van die moskee van die profeet, waar Mohammed begrawe is nie.

Nog ‘n selfmoordbomaanvaller is dood in Qatif wat die tuiste van die Sjiitiese minderheid is.

Moslems het ‘n oproep om eenheid gedoen.

Twee mense is ook beseer in die derde selfmoordbomaanval by die Amerikaanse konsulaat in die stad Jeddah.

Veiligheidsmagte is van mening dat dit geörkestreerde aanvalle was om saam te val met die einde van Ramadan.

Qari Ziyaad Patel, 36, van Suid-Afrika, was by die moskee toe hy die ontploffing gehoor het.

Hy het gesê baie het eers gedink dit is die klank van tradisionele, feestelike kanonvuur, maar toe het hy die grond voel skud.

“Die vibrasies was baie sterk,” het Patel gesê aan die AP nuusagentskap. “Dit het geklink soos ‘n gebou wat ingeplof het.”

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.