Protestantse Unioniste staan glo al tou om Ierse paspoorte in Belfast te bekom, iets wat hulle voorheen nooit sou oorweeg nie, het Reuters berig.
Ook in Belfast voer eens stil Katolieke nasionaliste openlik ‘n veldtog vir ‘n verenigde Ierland, alles tekens van groot veranderinge in die Verenigde Koninkryk se voormalige geweldgeteisterde provinsie.
Dit volg nadat Brittanje gestem het om die Europese Unie te verlaat, maar Skotland en Ierland daarteen gestem het.
Agtien jaar ná ‘n vredesooreenkoms dekades se geweldpleging tussen hoofsaaklik Katolieke nasionaliste en Protestante Unioniste, het die Brexit-stem woelinge in Ierland ontketen.
Vir die Katolieke wat ‘n verenigde Ierland voorstaan asook diegene wat verkies om deel van die Verenigde Koninkryk te bly, het Brittanje se uittrede uit die EU, nuwe moontlikhede tot eenheid geskep.
Meer as 3600 mense is dood in gevegte in die laat 1960’s en laat 1990’s, tussen Katolieke wat gesê het hulle wil by Ierland aansluit en protestante wat deel van die VK wou bly.
Terwyl hoër geboortesyfers onder Katolieke hulle binne ‘n generasie in die meerderheid in Noord-Ierland sal stel, het meningspeilings voorheen konsekwent getoon dat soveel as die helfte van die Katolieke stem steeds die stabiliteit van die Verenigde Koninkryk verkies.
Ná Brexit sal die Katolieke stem waarskynlik verkies om deel te wees van Ierland en maklik wen.
Alhoewel die twee strydende partye in 1998 ooreengekom het om die wapen neer te lê, het Sinn Fein tans ‘n geleentheid raakgesien om weer die kwessie oor eenheid aan te roer.