Israel wil stemme uit Afrika koop om negatiewe beeld om te keer

Deel op

‘n Standbeeld (foto hierbo) is opgerig by Aero-strand suid van Uganda se hoofstad, Kampala, van die ontslape Yonatan Netanyahu.

Yonatan was die broer van Israel se eerste minister, Benjamin Netanyahu, en ‘n offisier in die Israeliese weermag se elite-eenheid, Sayeret Matkal.

Hy is dood toe Israel ‘n reddingspoging op die internasionale lughawe Entebbe in Uganda in 1976 uitgevoer het om gyselaars te bevry.

Premier Netanyahu is Maandag in Uganda verwag om die 40ste herdenking van Operasie Entebbe te herdenk.

Israel en Uganda handhaaf glo goeie betrekkinge.

Die Eerste Minister het gesê sy doel is om Afrika-stemme by die VN en ander internasionale forums te gebruik om die negatiewe sentiment teen Israel te bekamp.

Hy sal met die leiers van sewe Afrika-lande vergader: Uganda, Kenia, Rwanda, Ethiopië, Suid-Soedan, Zaïre en en Tanzanië.

“As ons daarin slaag om die 54 lande van Afrika te oorreed, sal die outomatiese meerderheid teen Israel [in die internasionale gemeenskap] wegval langs die pad,” het hy gesê.

Netanyahu het opgemerk dat daar ‘n tendens onder sekere Afrika-state is om óf teen Israel te stem òf buite stemming te bly oor belangrike internasionale kwessies.

Volgens Netanyahu, het Afrika-lande twee basiese behoeftes waarmee Israel kan help. Die eerste is veiligheid, en die stryd teen terrorisme en die tweede is Israeliese tegnologie op die gebied van landbou, water, energie en gesondheid.

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.