Aanklagte teen swart UV-amokmakers onvoorwaardelik teruggetrek

Aanklagte teen twee swart studente wat aanvanklik op 24 Februarie in hegtenis geneem is tydens die oproer by die Universiteit van die Vrystaat (UV) is onvoorwaardelik teruggetrek.

Die oproer deur ‘n groep skoonmakers en studente het tot vandalisme en openbare geweld gelei waar Afrikanerbeelde afgebreek is.

Machini Motloung, ‘n verteenwoordiger van die Regshulpraad vir studente, sê hulle is bly die vervolging het ooreengekom om al die aanklagte terug te trek.

Lindiwe Abongile Bakaqa sowel as Kgotso Baba moes Maandag in die Bloemfontein-landdroshof verskyn waar ‘n verhoordatum vasgestel sou word.

“Ons het met die vervolgingspan vergader waar die vervolging ingestem het om onvoorwaardelik die aanklagte terug te trek teen die betrokke studente. Die ander student is nou in Turkye. Die aanklagte teen hom is ook onvoorwaardelik teruggetrek. Die saak is nou ter ruste gelê,” het hy gesê.

Die aanklagte het verband gehou met saakbeskadiging en die oortreding van ‘n hofbevel.

Tydens ‘n Varsitybeker-wedstryd tussen die UV Shimlas en die Nelson Mandela Metropolitaanse Universiteit (NMMU) se Madibas het die swart oproeriges op die veld gestorm maar is deur rugby-ondersteuners weggejaag.

‘n Wit damesstudent, Ju-Mari Pretorius (22), is net voordat die Shimlas en die Madibaz se wedstryd afgeskop het, na bewering buite Shimlapark se hekke aangerand deur swart oproeriges. Sy is met ‘n voorwerp oor die kop geslaan.

OFM-nuus probeer egter voorgee dat swart geweld by UV uitgebreek het omdat die swart studente by die rugbywedstryd “aangeval” is deur wittes en hulle daarom “betoog” het.

Dis is ‘n uiterste wanvoorstelling van gebeure. Die oproer is beplan deur simpatiseerders van soortgelyke anti-wit veldtogte by ander instellings oor swart studente se studielenings en swart skoonmakers se kontrakte.

Dié kwessies is egter lukraak gebruik om eiendom te beskadig, klasse te ontwrig en Afrikaans afgeskaf te kry.

Swart betogers het egter met Amerikaanse slagspreuke opgedaag (foto hierbo), wat kennelik dui op ‘n georkestreerde NWO-poging met buitelandse befondsing om ‘n rasseoorlog te ontketen.

‘n Lasbrief vir die inhegtenisneming is uitgereik vir Baba nadat hy versuim het om op te daag vir die vorige hofverskyning. Hy was reeds in die buiteland nadat ‘n beurs skielik aan hom toegeken is deur ‘n Moslemland.

Bakaqa het teruggekeer na die hof omdat sy nie verlede maand wou instem tot die bemiddelingsterme nie.

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.