Joernaliste proe hulle eie sensuur-medisyne

Deel op

Die SABC se bestuurshoof, Hlaudi Motsoeneng, ook beskou as president Jacob Zuma se bondgenoot, stel nie belang om die skorsing van joernaliste met hul verteenwoordigers te bespreek nie.

Die groep joernaliste wat self graag sensuur toepas teen afvalliges, proe nou van hul eie medisyne.

‘n Afvaardiging wat die Media Workers Association of South Africa (Mwasa), verteenwoordigers van Primedia en Independent Media, en die Right2Know Campaign (‘n Soros-front) insluit, wou met Motsoeneng vergader oor die skorsing.

Hulle eis dat Motsoeneng die skorsing ophef en “intimidasie van joernaliste” by die SABC staak. Die partye is almal verbind tot die voortgesette “nasionale demokratiese rewolusie”.

Dit laat kommer ontstaan dat hulle ook betrokke mag wees by die oproer wat hulle graag wil verfilm en uitsaai.

Hulle het ‘n beroep op die nasionale uitsaaier gedoen om die redaksionele beleid te hersien, wat ‘n kombersverbod plaas om oor oproer te berig.

Motsoeneng het eers ingestem, maar later gesê hy sal voortgaan met dissiplinêre optrede teen die betrokke personeellede wat hulle nie aan beleid steur nie.

Special Assignment se uitvoerende vervaardiger Busisiwe Ntuli, SAfm aktuele sake se uitvoerende vervaardiger Krivani Pillay en senior ondersoekende joernalis Jacques Steenkamp staar aanklagte wat verband hou met die onwettige optrede in die gesig.

Hulle het hul kommer oor die uitsaaiverbod in ‘n brief aan Motsoeneng verklaar en ‘n veldtog op sosiale media begin teen die skorsing.

Hulle straf volg op die skorsing van ‘n verdere drie redaksielede, wat Radio Sonder Grense se uitvoerende redakteur Foeta Krige en senior joernalis Suna Venter insluit.

Ironies genoeg was Foeta Krige self ‘n sensor van formaat wat reeds ‘n dekade lank sorg dat geen “regse” mening ooit op RSG gelug word nie en self die ANC se gewillige ideologiese vuilspuit.

Die joernaliste, insluitend parlementêre verslaggewer Lukhanyo Calata, se dissiplinêre verhore sal na verwagting op Vrydag plaasvind.

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.