Dodelike verkiesingsgeweld in KZN duur voort

Deel op

Die Valke ondersoek die moontlikheid dat die moord op ‘n ANC-kandidaat in Newcastle polities gemotiveerd was, het RSG berig.

‘n Woordvoerder sê hulle het Sondag die dossier ontvang.

Thembi Mbongo is Vrydagaand voor haar man en kinders in haar huis doodgeskiet.

Die vrou is die sewende ANC-lid wat sedert Maart in die provinsie dood is. Mbongo is dood `n paar uur voor haar ANC-tak se beplanningsvergadering vir die munisipale verkiesings op 3 Augustus.

Verlede maand is twee van die party se vrywilligers by Pietermartizburg doodgeskiet.

KwaZulu-Natal se polisie soek steeds na ‘n groep aanvallers wat vier mense by KwaMaphumulo in die noorde van die provinsie doodgeskiet het.

Die polisiewoordvoerder sê die slagoffers het ‘n tradisionele seremonie bygewoon toe onbekende aanvallers op hulle losgebrand het.

Hy sê die motief vir die moorde is nie bekend nie.

Dit is nie uitgesluit dat dit ook met die komende verkiesing verband kan hou nie.

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.