Plakkershuise van buitelanders in Tshwane, Kaapstad brand

Deel op

Die Tshwane Metro sê hulle weet nie wie verantwoordelik is vir die brand in die Plastic View-plakkerskamp nie.

Die meerderheid van Plastic View se inwoners is buitelanders en nie Suid-Afrikaanse burgers nie.

‘n Woordvoerder van die burgemeester, Blessing Manale sê hulle sal ondersoek instel na die oorsaak van die brand.

Hy sê die brand het vinnig versprei omdat daar sowat duisend plakkershuise in ‘n gebied so groot soos drie rugbyvelde is.

Vyf mense is in die brand dood, en honderde mense is dakloos gelaat.

Die Metro het die families van die inwoners wat die naweek dood is in die brand intussen gekontak.

Manale sê die Metro is al vir vier jaar in gesprek met menseregte-prokureurs oor die moontlike hervestiging van inwoners van Plastic View.

Hy sê egter die behuisingskode laat hulle nie toe om maatskaplike behuising aan buitelandse burgers toe te ken nie.

Nog ‘n plakker is vroeg vanoggend dood in ‘n brand in Gugulethu op die Kaapse Vlakte waar tien plakkershuise in puin gelê is. Byna 40 mense is dakloos gelaat.

Gugulethu is ook ‘n gebied wat hoofsaaklik deur buitelanders beset word.

‘n Woordvoerder van die Kaapstadse brandweer, Theo Layne sê die oorsaak van die brand is nog nie bekend nie, en die saak is aan die polisie oorhandig vir verdere ondersoek.

Hy sê rampbestuurspanne sal vanoggend die gebied besoek om te bepaal watter bystand hulle kan verskaf.

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.