ISIS-motorbom dood 120 in Bagdad

Deel op

Minstens 120 mense is dood en 200 beseer in twee bomontploffings in Bagdad, Irak.

Reuters berig die eerste bom was in ‘n koeltrok versteek in ‘n besige markgebied in Karada.

‘n Tweede bom het langs ‘n pad ook in ‘n mark, die keer in al-Shaab, ontplof.

Albei aanvalle het omstreeks middernag plaasgevind.

Die Islamitiese Staat-militantegroep het aanspreeklikheid vir die aanvalle aanvaar.

Alhoewel ‘n onlangse oorwinning ISIS uit Fallujah gedryf het, is die groep nog lank nie verslaan nie, aangesien hulle deur ‘n staat of state befonds word en hulle internasionaal opereer.

Dit is dus nie ‘n probleem wat weggaan deur grondgebied van die terreurorganisasie weg te neem nie.

Kenners meen dat intelligensie-insameling – en nie net ‘n militêre operasie nie – nodig is aangesien daar talle ISIS-simpatiseerders in Bagdad is wat herhaaldelik sal probeer om aanvalle soos hierdie uit te voer.

In Karada heers ongelukkigheid, des te meer omdat die reregingslui verskans is binne die Amerikaanse Groensone, en nie uitgelewer is aan die geweld nie.

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.