Bill en Loretta uitgevang dat hulle glo konkel oor Hillary

Deel op

Nadat sy gedwing is om haar betrokkenheid by die Hillary Clinton e-pos-ondersoek te staak, het die Amerikaanse prokureur-generaal, Loretta Lynch erken dat haar skokkende onbesonne private vergadering met Bill Clinton ‘n skaduwee gewerp het oor haar loopbaan.

Haar vreemde besluit het sy as volg geregverdig: “Ek sou dit nie weer doen nie.”

Terwyl die Demokratiese Party se aanstelling, Lynch, beweer dat sy die besluit om te “onttrek” al dae voor haar ontmoeting met Bill Clinton geneem het, is die openbare mening nie oortuig van haar opregtheid nie.

Soos vroeër uiteengesit in berigte, het die gesette Amerikaanse prokureur-generaal Lynch Maandagaand “sommer toevallig” met Bill Clinton vir ‘n private vergadering in haar vliegtuig by ‘n Phoenix-lughawe op die aanloopbaan ontmoet.

Alhoewel Lynch almal verseker dat die enigste dinge wat bespreek is, Bill se gholfafslaan en sy kleinkinders is, het ‘n konserwatiewe waghond Judicial Watch versoek dat die Inspekteur-generaal ondersoek instel na die vergadering.

Die verslae het druk verskerp op Lynch om weg te staan van die oorsig oor die federale ondersoek na Hillary se private e-posbediener.

‘n Amptenaar van die Amerikaanse departement van justisie het gesê dat Loretta Lynch van voorneme is om enige aanbevelings deur federale agente in die ondersoek te “aanvaar”.

Maar sal inligting oor Hillary Clinton se ongeoorloofde gebruik van eposse werklik deur Lynch vrygestel word?

Dit is bekend dat Lynch gereeld ander aanbevelings van die FBI en departement verontagsaam.

Dit laat kwellings toeneem dat die Clinton-kamp nie sal skroom om die komende presidentsverkiesing op die mees laakbare maniere te beïnvloed nie.

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.